Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar doen jy nie veel omtrent die vooruitgang wat jy reeds gemaak het nie. Dit beteken nie jy moenie iets nuuts beproef nie, maar jy sal versigtig moet wees om binne die grense van jou vaardighede te bly.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense gaan stilweg aan met hul take en kry die werk sonder ’n bohaai gedaan. Hulle is vasbeslote. Hulle weet wat hulle wil hê en is bereid om moeite te doen om dit te kry.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Die eerste helfte van die dag is mooi genoeg, maar dit lyk of jy gereedmaak vir ’n groot gebeurtenis in die namiddag of aand. Dis nodig dat jy gou maak, maar nie so vinnig dat jy foute begaan nie, want jy kan nou geneig wees daartoe.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Die kosmiese omstandighede is vandag beslis voordelig vir vriende maak en om saam met mense na aan jou te wees. ’n Klein diertjie kan klein probleme veroorsaak. Dalk byt ’n kat of hond jou liggies.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Ek weet dis naweek, maar soms is dit belangrik om aan voortslepende werkprobleme te dink wanneer jy nie onder druk verkeer nie. Doen dit vandag. Van die nuttige idees waarmee jy vorendag kom, sal selfs jou verras.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy sal in allerhande dinge belangstel, maar veral lang reise en die een of ander aspek van godsdiens of filosofie. Daar sal ’n probleem wees en dit behels ’n vriend. Jy moet besluit of jy regtig betrokke wil raak.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Dis tyd om jou gesamentlike geldsake te kontroleer. Ek dink nie dit beteken jy sal armoedig wees nie, maar die saldo is gevaarlik naby aan waar jy sal moet herbesin oor jou weeklikse inkomste en uitgawes.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Dis ’n slegte tyd om jou lig onder die maatemmer te verberg. Jy is kundig op ’n spesifieke gebied en dis tyd dat mense dit weet. Daar kan ’n uitnodiging na ’n soort sosiale geselligheid wees. Of dalk is jy die een wat die uitnodigings stuur.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dis ’n goeie tyd om jou medies deeglik te laat ondersoek of dit te doen wat jy weet jou gesondheid net kan verbeter. Dit is ook ’n goeie tyd vir werk, maar dit is naweek; jy sal dus waarskynlik liewer op een van die vele huistake fokus.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy moet dalk herbesin oor jou benadering tot die behoeftes van babas of jong kinders. Dink oor hul dieet en oefening, maar ook oor hoe om te keer dat hulle naby gevaarlike plekke of toestelle speel. Oorweeg dit om te spekuleer.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Sake wat met die huis en gesin of eiendom te doen het, verg jou aandag. Daar is altyd takies in en om die huis wat gedoen moet word. Dit is dinge wat te klein is om ’n kundige te laat kom, maar te groot om net so te los.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy moet op die hoogte kom met korrespondensie. Daar is mense wat op ’n brief van jou af wag. Daar is ook politici wat ’n brief van jou moet kry sodat hulle kan weet, hulle kom nie weg met wat dit ook al dit is waaroor jy knorrig is nie.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Fokus nou en in die afsienbare toekoms op geldsake. Daar is ’n paar stewige rekeninge op pad en ook voortdurende uitgawes wat lyk asof dit net ál groter word. Dit sal lyk of jou bankrekening omtrent bygekom is.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag is ’n goeie dag om met nuwe ondernemings te begin. Jy kan jouself vrye teuels gee en van die dinge doen waaroor jy altyd gedroom het. Maak net seker jy hou by die reëls; moenie kortpaaie kies nie.