Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar is daar vreemde sterre. Hierdie sterre dui op ernstige foute omdat jy op jou geheue alleen staatmaak. Moet dus geen besluite neem sonder om die feite te kontroleer nie, selfs al dink jy jy het al die feite goed gememoriseer.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone sal ambisieus en entoesiasties wees, maar is geneig om te ver te gaan. Hulle het ’n goeie geheue en praktiese vaardigheid en sal voorspoedig wees in ’n ambag of die bewerking van grond. Hulle is eerlik en betroubaar.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy begin die week met gesprekke oor bevordering of om in gebiede te werk wat nie jou gewone veld is nie. Dis nie ’n groot probleem nie, maar jy behoort diskreet te wees, want mense sal jou hou by enige beloftes wat jy maak.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

As jy een van die Ramme is wat ’n lang reis oorweeg en dalk oorsee mik, dink waarheen jy wil gaan, maar moenie nou besprekings maak nie. As jy vandag besprekings maak, sal dit deur vertragings en ekstra verantwoordelikhede gekompliseer word.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy sal reëlings tref om iets te kry wat jy regtig wil hê. Jy sal dit ontvang, maar die slegte nuus is daar sal vertragings en irritasies wees wat jou laat wonder of dit die moeite werd was. Gelukkig is jy geduldig.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Daar is goeie sterre om saam met mense te werk, veral as daar ’n groot ouderdomsgaping is. Dit beteken meestal jy werk saam met mense ouer as jy, maar soms kan dit andersom wees.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag is daar veranderinge aan werk, maar veral aan die mense saam met wie jy werk. Dikwels bring die sterre wat jy het iemand van ver om saam met jou te werk en dan is jy met die persoon opgeskeep.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy het vreemde sterre. Dit lyk of daar geld inkom, maar dit gaan byna net so vinnig uit as wat dit inkom. Soms bring hierdie sterreformasie ’n klein wen wat gou deur jou gewone uitgawes opgeslurp word.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Dis nodig dat jy met iemand of ’n groep saamwerk. Vandag se sterre wys jy laat eindig iets en het die kundigheid van iemand nodig om seker te maak dit eindig met die minimum gemors.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Vandag se sterre plaas die fokus op kommunikasie by die werk. Ongelukkig is hierdie sterre nie die beste onder die omstandighede nie – verwag dus vertragings en ongerief. Dis nie die eerste keer dat dit gebeur nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy kry ’n boodskap oor geldsake. Soms veroorsaak die sterre wat jy nou het ’n klein wen, maar dis baie ongewoon. Dit mag steeds die moeite werd wees om een kaartjie te koop. Daar sal nuus wees oor iets wat begin.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is dinge wat jy wil klaarmaak sodat jy kan aanbeweeg na iets groter en beter, maar mense en omstandighede sal in jou pad staan. Dit het geen sin om daaroor te kla nie. Spring in en laat dinge gebeur.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy kry nuus oor iets wat jy ’n ruk gelede gedoen of nie gedoen het nie. Dit lyk of dit jou nou geld gaan kos. Dis nie duidelik presies wat dit is nie, maar jy sal nie beïndruk wees met die onverwagte uitgawe nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

As ek jou sterre letterlik lees, sal ek sê iemand ouer as jy sal vir jou geld of goed gee. Die meer waarskynlike interpretasie is dat jy geld gee vir iemand wat tans geld kortkom.