Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy het vanjaar goeie geluk. Dit is dus belangrik dat jy gereeld loterykaartjies koop. Jy sal ook geneig wees tot aktiwiteite wat spoed behels. Jy kry een of twee spoedboetes. Jy verander jou leefstyl.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is aktief en energiek. Hulle het die heeltyd aandag nodig en sal dinge ondersoek en beproef. Hulle stel in sport belang en sal baie goed vaar in een of twee sportaktiwiteite.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Die energieke Mars is in jou teken geaktiveer en sal goeie omstandighede meebring om take af te handel, veral take wat opsygeskuif word omdat hulle te moeilik is of meer waarskynlik omdat hulle tydrowend is. Jy voltooi dit nou.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy is in ’n bui om te ontspan en die tyd te geniet, maar dis te vroeg in die week om op te gee en ander jou take te laat doen. Moenie bekommerd wees nie, Kreef, daar sal later vandag genoeg geleentheid wees om te rus.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Soms bring die sterre wat jy vandag het persoonlike prestasies mee. Dis waarskynlik niks groots nie en is dalk klein dingetjies wat meer energie en krag vereis as wat jy op dié tydstip kan hanteer. Dis nou tyd om op te tree.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Met Mars in jou tiende hoek kan jy heelwat aktiwiteit verwag. Of dit die soort aktiwiteit is wat jy wou hê, is ’n ander saak. Minstens sal jy die bevrediging hê om te sien dit word gedoen en goed ook.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy het goeie sterre om geld te bestee, maar die sterre is altyd goed vir besteding en nie vir spaar nie. Vandag is daar ’n geleentheid vir jou om iets wat jy regtig wil hê teen ’n billike prys te koop.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Hou jou besteding dop, veral wat gesamentlike geldsake betref. Jy sal oortuig wees ’n item is presies wat jy wil hê, maar daar is bedrieglike sterre en jy kan jouself kul en jou spaargeld onnodig uitput.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag se sterre sal aktiwiteite meebring wat met ’n maat of venootskappe te doen het. Jy wys jy kan in ’n span en op jou eie funksioneer. Hou jou menings vir jouself al is jy reg.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Die slegte nuus vandag is jy kan ’n reeks klein, maar irriterende en moontlik pynlike beserings opdoen. Dit lyk nie asof die beserings veroorsaak dat jy van die werk wegbly nie. Die beserings kan veroorsaak word deur roekeloosheid terwyl jy met werksprojekte besig is.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dis een van daai min dae dat sake regtig goed lyk. Jy kry dit ook reg om die Waterdraer se reputasie as minnaar te verbeter. Doen dus wat jy weet reg is en jy sal later die vrugte pluk.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy is besig om iets te eindig. Dit behels waarskynlik ’n projek wat jou die afgelope week of twee besig gehou het. Dis nou dalk ’n goeie tyd om uit te werk hoe jou pad vorentoe moet lyk.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy het bedrieglike sterre. Hierdie sterre kan jou maklik tot twis lei. As iemand dus vasbeslote lyk om met jou te stry, loop weg. Jy is groter as dié persoon. Enige aap kan baklei en die meeste doen dit.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar sal probleme wees wat geld of persoonlike besittings behels. Soms bring hierdie sterre ’n meningsverskil mee oor verlore eiendom of items wat deur ander mense beskadig is. Hou jou beursie by jou en kyk na jou goed.