JOU DAG

Weerstaan die begeerte om onvanpaste opmerkings te maak.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is van nature romanties en passievol. Die volgende 12 maande is dit tyd om meer georganiseerd by die werk te wees en meer kreatief wanneer jy speel.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

As mense jou ontstel – veral familielede – sal jy op jou agterpote wees omdat die sterre jou jou man laat staan. Koel af, anders sal jy teen die einde van die dag doodmoeg wees.

BUL (21 Apr.-21 Mei)

Jy is lus vir praat en geselsies aanknoop. Verwag ’n besige dag. Jy voer gesprekke met kollegas en kom weer op hoogte van wat in familie en vriende se lewe aangaan. Moenie verwag om te hou van alles wat jy hoor nie!

TWEELING (22 Mei-21 Jun.)

Goeie vriendskappe is tans gekompliseerd omdat verskillende vriende vandag op verskillende maniere op jou tyd aanspraak maak. Weerstaan die begeerte om iets onbedagsaam kwyt te raak wat jy later gaan berou.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy sal vandag waarskynlik baie verward voel. Kleinighede irriteer jou en belangriker kwessies laat jou bloed kook. Kalmeer liewer, Kreef, voor jy ’n aar bars!

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy voel gespanne omdat die sterre jou sones vir fisieke en geesteswelstand deurmekaarkrap. Ruim tyd in om saam met familie en vriende te ontspan – dit sal jou help bedaar en jou siel salf.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jou emosies is meer intens as gewoonlik. Moenie jou gevoelens opkrop nie. Maak seker jy praat oor hoe jy voel. ’n Kind, tiener of vriend kan jou geduld toets.

WEEGSKAAL (24 Sep.- 23 Okt.)

As jy vandag te ontspanne is, sal ander indringerig wees en besluite vir jou neem. Skraap die moed bymekaar om te sê wat dit is wat jy nodig het en staan op vir dit waarin jy glo.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Magstryde en meningsverskille kan vandag voorkom, tensy jy jou behoefte kan bedwing om in beheer te wees. Laat ander hul eie besluite neem . . . en hul eie foute begaan.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-21 Des.)

Weerstaan die versoeking om jou humeur te verloor. Jy het tans baie hooi op jou vurk, maar as jy dinge stadig vat, is die kanse vir ontsteltenisse en bakleiery kleiner.

STEENBOK (22 Des.-20 Jan.)

Jy kan vandag teenkanting van ander kry oor jou begeerte om voor te wees. Probeer om nie oor ander baas te speel nie, want dit sal sake net vererger. Kalmeer.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dit sal moeilik wees om helder te dink omdat intense gevoelens jou oordeel verswak. Jy reageer ooremosioneel op die meeste dinge. Laat belangerike sake vir ’n ander dag.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Vermy die bespreking van geldsake, veral met ’n wilde tiener of ’n skoorsoekerige vriend. As jy dit wel bespreek, kan jy vurige woorde verwag en dat mense nie hul gesonde verstand gebruik nie.