Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dis ’n goeie jaar, maar jy sal die uitdrukking “hoogmoed kom tot ’n val” ten volle kan verstaan. Hou jou gesondheid dop, eet verstandig en oefen. Sommige dinge eindig.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone sal hard werk vir alles wat hulle wil hê en dikwels op die nippertjie misluk weens magte buite hul beheer. Hulle sal egter soos die feniks weer opstaan en eindelik sukses behaal.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Ondanks die tyd van die jaar en die mooi dinge om jou is jy geneig om ietwat buierig en selfondersoekend te wees. Jy voel jy het die reg om buierig te wees wanneer jy wil, maar sommige mense kan anders voel.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy is negatief oor iets waarop jy gehoop het. Jy voel jy sal dit nie kry nie en het jou tyd gemors deur daarvoor te wens. Moenie bekommerd wees nie. Dit sal goed uitwerk.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jou aansien sal op die een of ander manier verhoog word. Dit sal nie baie wees nie en jy moenie ’n juigende skare verwag wanneer jy in die strate loop nie. Sommige mense sal wys hulle dink jy het goed gevaar en dit sal jou goed oor jouself laat voel.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy het goeie sterre vir vooruitgang in sake. Ek sê nie jy sal skielik ’n hoëkop raak nie, maar daar sal van jou verwag word om meer verantwoordelikhede te dra en dit word nie van domkoppe verwag nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is rekeninge wat jy verwag en rekeninge wat jy nie verwag nie. Dit gebeur altyd, maar hoekom is die onverwagte rekeninge altyd groter en dringender as dié wat jy verwag? Bestee tyd daaraan bom dit uit te stryk.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Saturnus verkeer in jou hoek vir intieme verhoudings. Dit bring goeie omstandighede mee, maar ook magsvertoon. Ek kan nie voorspel wie sal wen nie, want selfs jy sal nie kan sê nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is vandag bedrieglike sterre. Eerstens is daar gesondheid en tweedens werk of om ’n bestaan te maak. Ek het al by geleentheid gesien hoe dié twee dinge saamgaan en dat mense meer werk omdat iemand siek is.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Die koue Saturnus verkeer in jou hoek vir liefde en romanse. Dié posisie van Saturnus sal ’n koue wind deur jou liefdeslewe laat waai, maar jy is slim genoeg om dié wind positief te gebruik. Dis tyd om guns te wen deur witvoetjie te soek.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy het vreemde sterre. Jy het ’n groter werklading wat jou bind, maar dis erger dat jy minder tyd het om te doen wat jy moet. Die ergste is: Daar sal oponthoude wees in amper alles wat jy doen.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Jou sterre bring vandag geleenthede vir persoonlike bevordering mee. Dis moeilik om te voorspel hoe dit sal uitwerk, maar dit sal waarskynlik reise oor kort afstande en telefoniese kontak met invloedryke mense behels.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jou geldsake is weer ’n groot bekommernis, maar sê my: Wanneer sedert Kersfees was dit nie? Die goeie nuus is: Sodra jy dié klomp probleme oplos, sal jy ’n hele ruk nie meer bekommerd hoef te wees nie. Begin dus.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Met Saturnus wat in jou teken verkeer, voel jy die behoefte aan onafhanklikheid. Nie dat jy ooit ’n behoefte het om afhanklik te wees nie, maar gewoonlik hou jy daarvan om te weet daar is iemand wat jou sal kan help.