Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

In die komende jaar sal jy nuwe toestande aanvaar en dinge van die verlede uitsorteer – jy het gedink jy het dié situasies vermy. Wat jy vanjaar saai, sal jy maai.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Dié persone is baie intens. Hulle sal nogal doelgerig wees, maar sal hulle toelê op watter projekte ook al aan die gang is en daaraan bly werk tot dit afgehandel en perfek is. Hulle is lief vir familie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy begin dié week foute regstel wat ’n tyd gelede, dalk selfs verlede maand, gemaak is. Dit is nie wat mens ’n belowende begin van die week noem nie, maar daar is nie veel wat jy kan doen behalwe om sake hul gang te laat gaan nie.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Dis ’n goeie tyd om saam met vriende en sakekennisse te wees met wie jy graag saamwerk. Dit lyk nie vir my of jy veel uitrig terwyl jy dié sterre het nie, maar daar behoort aangename tydjies tussenin en interessante nuus te wees.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die spanning laai op, maar te midde van al die spanning is daar ’n goeie stemming ¬– jou algehele aansien verbeter en iemand streel jou ego. Moet net nie toelaat dat jou verbeelding op loop gaan nie. Hou by die feite.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

’n Goeie stemming heers in die algemeen, veral as jy een van die Bulle is wat ’n vakansie beplan. Dikwels dui die sterre wat jy het, op ’n wegbreek saam met vriende of ’n besoek aan hulle op ver plekke.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Die week begin met ’n onaangename verrassing. Dit lyk of daar ’n rekening of dalk meer as een van ’n groot firma soos ’n versekeraar of dalk die plaaslike regering is. Dit gaan jou baie geld uit die sak jaag.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag is daar kontak met groepe. Dié sterre bring dikwels ’n uitstappie waar jy in ’n groep met eenderse smaak of voorkeure is. Snaaks genoeg is daar ook goeie sterre vir die huwelik en intimiteit.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag ervaar jy klein gesondheidsprobleme. Omdat jy die Leeu van die diereriem is, het die sterre dikwels betrekking op jou rug of sye. As jy swaar voorwerpe moet optel, doen dit veilig. Dit duur lank voor beseerde rugspiere herstel.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Vandag bring die sterre heelwat intensiteit in jou liefdeslewe. Jy het ernstige gevoelens en jou maat is ook ernstig hieroor. Sommige Maagde kan dalk in dié omstandighede ’n liefdesverhouding aanknoop. Ander blaas nuwe lewe in hul verhouding.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Iets eindig wat met jou huis of tuin te doen het. Dikwels is dit ’n toestel wat breek en jy moet rondsoek om dit te vervang. Soms kan dit mens nogal afskrik om iets te vervang.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy doen die dinge wat jy gewoonlik doen, maar dis nie wat jy in gedagte gehad het vir die begin van die week nie. Die goeie nuus is, jy sal baie gedoen kry en dit sal die weg baan vir toekomstige oorwinnings in sake of by die werk.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy sê altyd jy stel glad nie in geldsake belang nie, maar ons weet dis nie waar nie – jy hou daarvan om ’n gunstige banksaldo te hê. Vandag sal deurmekaar wees wanneer jy uitvind waar jy staan.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is dinge wat jy moet uitsorteer en waaroor jy duidelikheid moet kry. Dis moeilik om te sê presies wat dit is, maar dit sal waarskynlik reis of kommunikasie behels en eindelik jou finansiële posisie beïnvloed. Dis tyd om te dink, maar tree later op.