Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jou vooruitsigte verbeter. Daar sal een of twee haakplekke wees, maar dit sal net verseker dat jy die geleenthede wat voor jou opduik, ten volle benut. Dit is die jaar waarin jou lewe betekenisvol raak.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens is aantreklik met ’n aangename persoonlikheid. Hulle sal baie goeie vriende hê en ’n opgewekte lewe lei. Hulle sal op sekere gebiede na vergrype neig en sal soms te onverskillig vir hul eie beswil wees.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Iets wat jy wou hê, gebeur. Dis niks groots nie; party mense sal dit selfs as onbelangrik afmaak, maar dis iets wat jy lankal wou bereik. ’n Vriend sal jou met reëlings help.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Niemand wil blykbaar aan die gang kom nie en te oordeel na die tyd van die jaar is dit te verstane. Dit sal jou blykbaar aanmoedig om die bal aan die rol te kry. As enigeen dit kan doen, is dit die Steenbok.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jou gedagtes sal afdwaal. Eers sal jy sake oorweeg wat met opvoedings- of opleidingskemas verband hou en dan sal jy dink aan reise na verre plekke. Jy kan nie albei hê nie; jy sal moet kies.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar sal ’n rekening of ander ongewenste uitgawe wees. Soms bring vandag se sterre heelwat frustrasie mee soos jy sal ervaar wanneer jy betrap word terwyl jy die spoedgrens oortree of onwettig parkeer.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die maan is tans in jou hoek vir die huwelik en intimiteit en Jupiter is in jou hoek vir die liefde en romanse. Met so ’n kombinasie is ’n uitbarsting van passie, wat jou vurige geaardheid goed pas, ’n moontlikheid.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

As jy effe olik voel, kan jy jou sterre verkwalik. Wel, dalk kan jy ook die skuld pak op wat jy gisteraand gedoen het (of nie gedoen het nie). Moenie bekommerd wees nie; jy sal teen vanaand weer perdfris voel.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Die maan is in jou hoek vir die liefde en romanse en dit sal lieflike oomblikke meebring. Een van die voordele van hierdie sterre is jy hoef nie veel te doen om dinge aan die gang te kry nie. Wees net jou sjarmante en gelukkige self.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag eindig iets en iets nuuts vervang dit. Die einde hou dalk verband met ’n huishoudelike toestel. Dit is nie ’n gerieflike tyd om so iets te moet vervang nie, maar wanneer jy moet, moet jy.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy sal besiger wees as wat jy verwag het. Jy het eintlik gedink jy het alles onder beheer, maar soos gewoonlik steek Murphy se wet kop uit en moet jy skarrel om alles afgehandel te kry.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Dis amper Kersfees en jy het heelwat geld bestee. Nou is daar ’n afrekening. Wanneer hierdie sterre opduik, beteken dit gewoonlik jy kry ’n bankstaat wat jou sal skok. Berei jou dus voor daarop.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Dit is die begin van ’n nuwe projek. Dit is moeilik om te bepaal wat dit is, maar dit sal waarskynlik jou huis betrek. Versier jy dalk jou huis? Hoe dit ook al sy, jy spring effe laat weg; agteros kom ook in die kraal.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy sal geneig wees om terug te dink aan vorige jare en die mense met wie jy die feestyd deurgebring het. Dit is tyd om vorentoe te kyk; daar is gretige jong gesigte vir wie jy voorsiening moet maak.