Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar gaan jy en die omstandighede wat jy teëkom die krisisse in jou persoonlike lewe bespoedig. Dit gaan jou by ’n punt bring waar ’n konfrontasie nie net nodig is nie, maar onvermydelik. Jy gaan baie ontdekkings doen.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Dié babas gaan baie intens wees oor omtrent alles wat hulle doen. Hulle gaan baie aantreklik wees en hul vriende lewenslank behou. Hulle gaan belangstel in die kunste en talentvol wees op meer as een kunsgebied. Hulle gaan ’n lang, gelukkige lewe lei.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jou sterre aan die begin van die week lyk goed. Hierdie sterre gaan ’n bietjie ekstra geld inbring, dalk danksy ’n soort oorwinning, maar meer waarskynlik danksy verbeterde werksituasies. Sake lyk ook goed vir die liefde en romanse.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Iets waaraan jy stilletjies gewerk het, dalk op die agtergrond, gaan eindelik gebeur. Jy gaan nie deur die strate gedra word nie, maar ’n paar belangrike mense gaan beïndruk wees.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag kry jy iets wat jy wil hê. Dis nie iets groots nie, maar dit is lekker wanneer iets af en toe volgens plan verloop. Die sterre lyk goed vir alle soorte kommunikasie, wat die week op ’n lekker noot laat begin.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jou sterre lyk goed vir geldsake. Hierdie sterre laat dinge gebeur by die werk of in jou loopbaan; as daar dus enige ekstra geld jou kant toe kom, is dit dalk omdat jy harder werk of in iemand se pos waarneem.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy beland in ’n posisie waar jy die hoogste moontlike waardes handhaaf. Die Steenbok verkies dit so; jy gaan dus ingenome met jouself wees. Jy het kontak met vergeleë plekke.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Iets gaan nie pas nie. Jy gaan na jou werk kyk en sien dit is nie so volledig soos wat jy gedink het nie, en hoe meer jy daarna kyk, hoe meer sien jy jy moet alles hersien. Moenie daaraan dink nie; doen dit net.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy kry iets wat jy wil hê. Dit is deels danksy die bystand van jou vennoot of maat. Die tyd is dalk geleë om te kyk na van die reëlings wat jy getref het vir later in die week, veral die naweek.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die goeie nuus is, jy kry lekker werk om te doen; dus sal die dag taamlik lekker verloop. Dit sou dalk beter gewees het as ek kon gesê het jy gaan niks doen nie en mense gaan jou heeldag hand en voet bedien, maar daar wag ’n paar takies op jou.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar kom ’n bietjie geluk jou kant toe. Dit verander dalk in oorwinnings, maar as dit wel gebeur, gaan dit baie klein wees; bly daarom rustig. Jou sterre bring meestal oorwinnings van die hart; jy kan dus iets romanties verwag.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Dis ’n goeie dag om aan jou huis te werk, al skep jy net geestelik die regte atmosfeer en die verlangde hoeveelheid gemak. Noudat jy jou dit kan voorstel, waar gaan jy die geld kry om dit te laat gebeur?

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar wag ’n vrolike briefie of boodskap van iemand, dalk ’n buurman of familielid. Dit bevat goeie nuus; jy gaan dus ingenome met die lewe wees en gelukkig wees met hoe sake eindelik lyk.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jou sterre lyk goed vir geldsake. Nee, jy gaan nie ’n fortuin wen en op ’n eiland aftree nie. Met Pluto in jou hoek vir werk en moeite beteken dit jy gaan ’n bietjie vorder met jou werk en geldsake.