Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit beloof om ’n besige, gelukkige jaar te wees. Jy sal nuwe gebiede betree en dinge doen wat jy nooit gedink het jy sou nie. Jy sal meestal ontdekkings maak oor jou lewe en jouself. Dit is ’n gelukkige jaar.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens se sterre is geneig om die gestel te versterk en energie en lewenslus te verskaf. Dit is ’n baie vasberade en vindingryke mens, iemand wat nie nee vir ’n antwoord aanvaar nie. Hulle is op die man af, vreesloos en uitgesproke.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy sal besiger as gewoonlik wees. Dit is ’n bietjie ongerieflik, want daar is take wat jy wil afhandel voor jy loop. Ongelukkig heers daar onenigheid oor van die dinge wat jy moet doen.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dit is ’n dag waarop jy liefs op die agtergrond moet werk. Met jou huidige sterre het jy stilte nodig sodat jy op onbekende materiaal kan konsentreer. Dit is waar jy jou kenmerkende geslepenheid moet gebruik.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jou sterre vir vandag lyk origens goed, maar jy blyk in ’n posisie te wees waar jy lank en hard werk om ’n vriend of groep vriende te help. Die slegte nuus is, daar is laat in die dag onenigheid.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jou aansien kry ’n lekker hupstoot danksy werk wat jy op die agtergrond doen, werk waarvoor jy nie eintlik erkenning verwag het nie. Dit wys net daar is mense wat omgee.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy kry iets wat jy wil hê. Dit hou verband met vergeleë plekke. Dalk stuur jou werkgewer jou Parys toe sodat jy die kos en vermaak kan beproef. Wat ’n lekker droom om die dag mee te begin.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy moet met ’n klein projek die voortou neem. Jy gryp die kans met albei hande aan, maar ontdek alles is nie soos dit op die oog af lyk nie en op die ou end doen jy al die harde werk. Dit is soms ’n las om so goedgelowig te wees, of hoe?

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag bring toestande wat tot verdeeldheid kan lei. Dit is omdat iemand mond uitspoel oor ’n geloof- of rassekwessie en jy is onwillig in die spervuur. Maak jou stilletjies uit die voete.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

As jy effe olik voel, kan jy die skuld op jou sterre pak. Gewoonlik bring hierdie sterre ’n klein koors, en jy voel ook nie te watwonders nie. Moenie bekommerd wees nie; dit hou nie lank nie.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Goeie nuus: Die sterre is in jou hoek vir liefde, romanse en intimiteit. Dit beteken jy moet hou bes doen om iets vir die middag te reël, maar jy sal dalk tot die aand moet wag.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Iets wat met werk verband hou, kom tot stilstand. Dit is moeilik om te sê wat dit is, maar dit sal jou op ’n manier raak. Dit wil lyk of jy eintlik voordeel sal trek hieruit.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag bring goeie tye danksy aangename mense. Dit is heel waarskynlik familielede of dalk vriendelike bure. Wie dit ook al is, jy sal beïndruk wees en met graagte ’n wederdiens bewys. Jy kry interessante nuus.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag bring uitgawes. Ek vermoed jy weet wat dit is, want dit hou verband met jou huis. Dalk dok jy op om die huislike omgewing te verbeter.