Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar sal skielike winste en vooruitgang inhou. Hierdie sterre kan soms meebring dat jy in kansspeletjies wen. Jy sal op en aan beweeg in jou werk en loopbaan in die algemeen. Vanjaar is ’n keerpunt in jou lewe.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone sal nogal briljant op ’n sekere gebied wees, moontlik ingenieurswese of werk wat astronomie of fisika behels. Hulle sal soms ietwat eksentriek wees, maar mense sal van hulle hou. Hulle maak baie goeie en lojale vriende, en behou hulle.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Iets uit die verlede kom op ’n baie openbare manier aan die lig. Gewoonlik is dit nie ’n probleem nie, maar vandag is die openbare gesprek voor mense wat om die een of ander rede vir jou belangrik is. Vasbyt!

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Dis die einde van die week en skielik is sake op die punt om skeef te loop. Dit sal so skielik en onverwags gebeur dat jy nie daarop voorbereid is nie. Al wat jy kan doen, is om aan te sukkel tot jy deur dit is.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Soms lei die sterre wat jy het, tot ’n soort bevordering of vooruitgang. Dis goed, maar dit beteken jy moet anders begin dink en doen wat jy nie normaalweg doen nie. Dis ’n goeie einde vir die week.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar sal nuus van ver af wees. Die nuus is nie goed of sleg nie, maar dit sal veroorsaak dat jy ’n paar veranderings maak, moontlik aan die planne vir die naweek. Vir party Leeus kan dit ’n vinnige reis na ’n ver plek beteken.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag is daar skielike, onverwagte uitgawes. Dit sal ’n ergernis wees, maar jy sal dit geldelik oorleef. Die aspek wat jou meer irriteer, is hoe skielik dit opduik en dat jy dink dis onregverdig.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is skielike uitbarstings, moontlik met iemand wat jy ken. Dis nie in jou aard om toe te laat dat dinge jou in so ’n mate raak dat jy wys jy is kwaad en jou kalmte verloor nie. Tel tot 10. Dit sal nie help nie, maar dit lyk goed.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy raak betrokke by werk wat eintlik buite jou spesialisveld val. Dit beteken nie jy is skielik ’n ekspert in dié veld nie, maar jy kom suksesvol daardeur en beïndruk die regte mense.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Soms bring die sterre wat jy het, ’n wen op klein skaal mee, maar gebeur dit wel, sal dit baie klein wees. Moenie aan die groot kompetisies deelneem nie, want jy sal dit nie wen nie. Daar is ook goeie sterre vir die liefde en romanse, wat lekker is.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Iets eindig skielik. Dit verras jou, maar dit is nie iets wat jou lewe aan skerwe sal laat spat nie; inteendeel, hierdie einde sal die weg baan vir groter en beter dinge. Jy het ook goeie sterre vir liefde.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy het min of meer verwag dat dinge dieselfde sal bly en jy berei jou voor op die naweek, maar iets gebeur wat jou planne omvergooi. Dit veroorsaak dat jy van plek na plek gaan en sake reël. Gelukkig is jy ’n goeie organiseerder.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jou geldsake is ’n probleem omdat dinge skeefloop en jy meer moet betaal as wat jy verwag het. Dis moeilik om te sê waaroor dit gaan, maar gewoonlik het dit met naweekuitgawes te doen.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy is nie dikwels rebels nie, maar die maan maak kontak met die planeet Uranus in jou teken en jy is dus geneig om te oorreageer oor enigiets wat jy as onregverdig beskou. Jy sal jou selfs verset teen irriterende rompslomp.