Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar kom meer van jou vurige aard na vore. Jy is geneig om meer aggressief en vasbeslote te wees. Jy sal hou van sport of aksie wat spoed, vuurwapens of enigiets wat gevaar inhou.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone sal aktief en vurig wees. Hulle hou van alle soorte sportaktiwiteite, veral kontaksport. Hulle is intelligent en vlug van begrip. Daar sal baie hoogte- en laagtepunte in hul lewe wees.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Indien die omstandighede wat vir vandag deur jou sterre aangedui word die hele week voortduur, sal dit ’n skitterende week wees. Vandag gaan jy van die een plek na die ander om dinge te doen wat jy nie gewoonlik kan nie. Dis ’n besige dag.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is dinge om jou aan die gang. Jy probeer uit die pad bly van dit wat gebeur, maar jou kanse om dit reg te kry, lyk nie goed nie. Jy is aan die gang en mense wil aanhoudend inligting of hulp van jou hê.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag se sterre sal daartoe lei dat jy jou geestelik en fisiek inspan, veral geestelik. Jy sal gretig wees om boeke en artikels te lees en inligting in te win oor jou gunsteling-onderwerp, wat dit ook al is.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag is ’n tyd van aggressie, beide geestelik en fisiek. Dit beteken nie jy gaan aggressief wees nie, maar iemand sal en jy kan in die middel van die storm vasgevang word. Dis die beste om jou uit die voete te maak en te verdwyn.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Met vandag se sterre is jou kreatiewe vermoëns op die voorgrond, en die sensitiewe Weegskaal het juis ’n oorvloed daarvan. Jy het ’n behoefte om kreatief te wees en dinge te doen wat jou siel laat sing. Sterkte daarmee.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Baie goeie sterre skyn vandag na jou kant toe. Hierdie sterre sal vir jou die een of ander soort voordeel inhou. Dis moeilik om te sê hoe dit sal gebeur, maar dit kan deur ’n soort uitbetaling geskied. Wat dit ook al is, dis baie welkom.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dis nie in jou aard om in jou verhoudings aggressief te wees nie, maar dit sal vandag so lyk. Jy bedoel nie om aggressief te wees nie, maar skep dié indruk en sekere mense sal nie daarvan hou nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag is daar heelwat aktiwiteit en aksie wat werk of gesondheid behels. In die meeste gevalle gee jy nie veel om oor dit wat jy moet doen nie, maar sekere dinge moet gedoen word en iemand moet dit doen.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dikwels sal die sterre wat jy het veroorsaak dat jy effens te vurig is om jou doelwitte te bereik. Dit opsigself is nie ’n probleem nie, maar party mense voel jy behoort jou gewone sagte benadering te volg om te kry wat jy wil hê.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Dis nie in jou aard om impuslief en ongevoelig te wees nie. Gewoonlik is die teenoorgestelde waar, maar met vandag se steromstandighede sal jy genoodsaak voel om dinge af te handel ongeag wie seerkry of ontsteld word.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy het goeie sterre om dinge met verskillende soorte masjiene te doen. Dit lyk of dit so bestier is dat die masjiene skielik sal breek, maar jy sal vasberade wees om nie toe te laat dat dit jou van stryk bring nie. Raai wie wen hierdie keer?

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag val die kosmiese kollig op geldsake. Jy koop items oorhaastig sonder om eers na die pryse te kyk en dan wil jy jouself skop omdat jy te veel betaal het of nie van die voordele geniet wat ander het nie.