Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore:

JOU DAG

Met die nuwe maan is dit tyd om take met nuwe ywer te benader.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die volgende 12 maande is ’n fantastiese tyd om met ’n entrepreneursaak te begin. Met ’n dinamiese en bestendige beandering sal jy goeie vordering maak.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vermy baasspelerigheid en streef daarna om vandag liewer vol selfvertroue as aggressief te wees. Weerstaan die drang om ander te oordeel en tot haastige gevolgtrekkings te kom wanneer jy ’n familiekwessie hanteer.

BUL (21 Apr.-21 Mei)

Daar is ’n paar nuwe gesigte in jou buurt wat wag om jou te ontmoet. Kom ’n bietjie uit in jou gemeenskap en span jou talente op kreatiewe maniere in.

TWEELING (22 Mei-21 Jun.)

Die nuwe maan plaas die kollig op geldsake. As jou geldsake in ’n warboel is, sal jy so gou moontlik belastingvaardighede moet aanleer – hopelik by ’n ervare kundige.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Verwag vandag magstryde in intieme verhoudings. As jy te veel probeer doen, sal jy op die ou end erg gespanne voel. Vat dit kalmer en pak een ding op ’n slag aan.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Die nuwe maan stimuleer jou sektor vir die siel. Wees rustiger en dink oor jou lewe en waarheen jy op pad is. Die omstandighede is gunstig vir musiek, meditasie, oordenking, joga en tai chi.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Dis nou die tyd om jou doelwitte en toekomsdrome te herformuleer omdat die nuwe maan jou sone vir hoop en wense aktiveer. Jy kan verwag dat ’n kind, tiener of vriend frustrasie sal veroorsaak.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Vandag kan iemand jou laat skuldig voel oor hoe jy werkverantwoordelikhede en huishoudelike pligte balanseer. Moenie bekommerd wees nie, Weegskaal. Hou net aan teen die pas wat vir jou gemaklik is.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Die nuwe maan gee jou breinkrag ’n hupstoot. Dit is tyd om te lees, navorsing te doen of ’n nuwe onderwerp te bestudeer. Maar as jy ander probeer beheer of manipuleer, sal dit vir jou ’n lang, uitputtende dag wees.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-21 Des.)

Daar is aanduidings van ’n nuwe begin wat te doen het met begeerte of dat iets van jou weggeneem word. Dit is omdat die nuwe maan jou sone vir gesamentlike geldsake en intimiteit aktiveer. Dis ’n wonderlike tyd vir navoring oor ’n onderwerp wat jou nog altyd gefassineer het.

STEENBOK (22 Des.-20 Jan.)

Hoe meer jy jou outoriteit probeer wys – veral teenoor geliefdes – hoe aakliger sal die dag wees. Onthou net jy kan nie die heeltyd die baas wees nie. Streef daarna om meer demokraties te wees!

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Hou jou kreatief besig. Verveling is nie vandag ’n goeie idee nie. Jy soek ongewone mense, plekke en aktiwiteite. Jy kies opwinding en nuwe idees bo jou daaglikse roetine.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Romanse is in die lug! Vind vars maniere om vonk in jou verhouding te sit, gehegte Vis. En as jy enkellopend is, moenie rondsit en wag dat liefde in jou skoot val nie. Jy moet proaktief wees.