Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

In die jaar wat voorlê, sal jy die klein probleme waarmee ons almal elke dag te doen kry, aggressiewer aanpak. Jy sal dié benadering regverdig, maar dit bly ’n feit dat jy te sterk optree.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon is geneig om te voortvarend en selfsugtig te wees. Hulle storm in waar wyses huiwer en dit het onwelkome gevolge. Hulle is volkome toegewy aan hul huis en gesin en sal moontlik ’n groot gesin wil hê.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar sal onenigheid wees oor iets in die verlede. Hoekom dit opduik ná so ’n lang tyd, is nie duidelik nie, maar jy sal nie beïndruk wees dat jy dieselfde saak twee keer moet hanteer nie, veral nie ná soveel tyd verloop het nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy sal iets kry wat jy wil hê. Jy sal dit waarskynlik nie vandag kry nie, want Saturnus, die planeet van oponthoude, is betrokke. Maar jy sal dit kry. Al wat jy nou moet doen, is geduldig wees en sake hul loop te laat neem.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy sal besig wees om te doen wat jy dink die regte ding is, maar daar sal oponthoude wees. Hierdie sogenaamde oponthoude is dalk nie werklike oponthoude nie. Dalk neem dit net soveel tyd ongeag jou ongeduld.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Dit sal nodig wees dat jy stil op die agtergrond werk om take af te handel wat moet klaarkom. Die goeie nuus is: Jy kry alles gedoen. Die slegte nuus is: Jy moet mense wat ver is, om raad en hulp vra.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy kry iets wat jy wil hê. Die slegte nuus is: Jy moet nog ’n rukkie wag. Ek dink nie dit sal veel langer duur nie, maar jy voel dit het reeds so lank geneem en jy behoort nie nog te wag nie.

TWEELING (21 Mei-21 Jun)

Daar is goeie omstandighede om met ’n kollega saam te werk, veral as die persoon ouer en meer ervare as jy is. Dit kan ook andersom werk dat jy die ouer een is. Dis ’n tyd om te luister en te leer.

KREEF (22 Jun-23 Jul.)

Jy kry nuus oor werkveranderinge. Dikwels is die werkveranderinge wat deur jou huidige sterre aangedui word, veranderinge wat gereël word deur mense op ver plekke en dalk selfs oorsee. Jy sal effens ongemaklik voel oor dié veranderinge.

LEEU (24 Jul-23 Aug.)

Mars op jou kaart wys jy sal die omgewing geniet. Dit maak jou gretig dat iets moet gebeur. Wat jy wil hê moet gebeur, laat ek aan jou verbeelding oor. Vir baie Leeus sal dit wat gebeur, stadig kom.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept)

Iets eindig. Dié end is iets wat gereël sal word deur iemand wat dink hulle tree om jou ontwil op. Jy sal nie hieroor seker wees nie, maar jy val daarby in omdat dit eindelik tog moet eindig.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Daar is ’n gewik en weeg oor ’n saak wat met ’n troeteldier of klein diertjie te doen het. Hoe dit jou sal raak, is nie duidelik nie, maar jy sal van plek tot plek gaan om dinge te reël.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dit lyk of jy geldelik baat vind by die goeie gunste van die geluksgodin. Jy sal waarskynlik nie baie kry nie en enige voordeel wat jy trek, sal aan ’n reeks oponthoude onderhewig wees. Dis goed dat jou teken ’n geduldige een is.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des)

Jy is geneig om te ernstig te wees en jou dinge aan te trek. Gewoonlik het jy ’n borrelende persoonlikheid; dus sal jy ’n paar wenkbroue laat lig. Moenie dat dit gebeur nie. Wys jou sonnige, vrolike kant.