Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar sal goeie sterre op jou skyn. Dit sal ’n aansienlike verbetering in jou status en posisie meebring. Dit kan deur middel van geld gebeur; koop dus gereeld loterykaartjies. Dit is ’n gelukkige tyd.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens sal baie kreatief en innoverend wees. Hulle sal gedurig rusteloos wees en uitdagings nodig hê om hulle besig te hou. Hulle het ’n sterk bewustheid van hul doelwitte. Hierdie mens is bestem vir sukses en dalk roem.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag se sterre bring goeie tye wat verband hou met reis of die mense of die toestande op vergeleë plekke. Dalk oorweeg jy ’n vakansie ná Kersfees. As jy dit oorweeg, lyk jou kans goed.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Soms kan ou koeie ’n steurnis wees en vandag bring lastige toestande mee wat deur die verlede veroorsaak word. Hierdie toestande sal die een of ander uitgawe meebring; dalk iets wat jy vergeet of nagelaat het om te betaal.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is redelik goeie sterre vir tyd saam met vriende en kennisse deurbring. Hierdie sterre sal ’n droom help bewaarheid. Maar wat die droom is en hoekom dit bewaarheid moet word, is ietwat van ’n raaisel. ’n Lekker raaisel.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag is daar goeie sterre vir sake verwant aan werk. Baie dikwels bring vandag se sterre ’n bevordering mee wat nie regtig ’n bevordering is nie. Laat dit oor jou spoel.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag se sterre bring goeie toestande vir liefde en romanse mee, maar dit is Maandag; jy sal dus nie voordeel uit hierdie toestande kan trek nie. Die slegte nuus is, die sterre sal teen die aand nie meer aktief wees nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy sal ’n projek afsluit. Jy sal dit nie ligtelik doen nie, maar jy sal die voor- en die nadele opweeg en ’n waardeoordeel vel. Soms moet jy van die oue ontslae raak sodat jy met die nuwe kan begin.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Jy blyk vandag besiger as gewoonlik te wees. Dit is alles goed en wel, maar die res van die wêreld handhaaf ook hierdie pas; jy sal sukkel om parkering te kry. Wat ’n lekker dag.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die goeie nuus vir vandag is, geld kom jou kant toe. Dit kan geld wees wat jy gewen het, maar dis onwaarskynlik. Bes moontlik is dit geld wat jou toekom. Kan dit ’n terugbetaling wees?

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy dink aan uitbreiding en wil aan die gang kom. Die tyd van die jaar in ag genome is dit ’n ongewone doelwit waarop jy jou toespits. Maar jy is ’n Leeu; jy volg jou eie raad.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Iets uit die verlede bring nou voordele mee. Dit is nie duidelik hoe dit sal gebeur nie, maar jy sal nie vrae vra nie; jy sal alles inneem en die voordele geniet. Daar sal ook oponthoud met reise wees.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is goeie sterre vir tyd saam met vriende en kollegas. Daar kan dalk selfs ’n partytjie wees. Dalk verjaar iemand en bring hulle iets lekkers te ete werk toe.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar sal gesprekke met die baas of ander hooggeplaastes wees. Ek dink nie dit sal veel vir jou beteken nie; dit blyk meer met ’n sosiale as bevorderingsgeleentheid verband te hou.