Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG

Vanjaar bring wonderlike ontdekkings, want jy beland in situasies wat vir jou heeltemal vreemd is. Gelukkig gaan die meerderheid hiervan voordele inhou vir jou en jou naasbestaandes. Dit is tyd om die leiding te neem.

BABAS WAT VANDAG GEBORE IS

Hierdie mens is aktief en ondernemend. Hulle gaan veranderinge in hul lewe teweegbring, maar min daarvan gaan die verwagte voordele oplewer. Hulle stel belang in elektroniese toestelle en gaan uitstyg danksy oorspronklike denke.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag lyk belowend wat klein, spesiale doelwitte betref. Jy moet hier stilletjies doen wat jy wil doen, en baie min sê wanneer jy eindelik in jou doel slaag. Dit is ook ’n goeie aand.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Die dag besorg jou een of twee klein probleme wat jou kan dronkslaan, maar jou vennoot gaan skielik met ’n oplossing vorendag kom. Soms is dit wys om na ’n vennoot te luister vir ’n ander oogpunt op sake.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Dit is ’n goeie dag om met mense te werk en by hulle te wees. Natuurlik is dit die laaste dag van die werkweek; dus is daar baie te doen voor jy kan ontspan en sosiaal verkeer. Die aand lyk goed wat vermaak betref.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Veranderinge lê voor. En dit gaan skielik en dalk heeltemal onverwags wees. Dit gaan nou effe lastig wees, maar gaan later baie goed wees vir jou; moet dus nie teëstribbel nie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Mooi dinge gaan vandag gebeur. Soms bring hierdie sterre klein oorwinnings, maar meestal skielike rigtingveranderings vir jou en nog iemand. Die middag en aand is baie goed sover dit die liefde en romanse aangaan.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag is dit die einde van die werkweek, maar dit bring ook ’n einde van iets wat jy nie verwag het so gou sou eindig nie. Dit gaan jou onkant vang, maar as ’n sterk Steenbok hanteer jy dit baie goed.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy gaan geneig wees om meer selfverseker en ondernemend te wees. Jy gaan geleenthede sien waar ander net mislukkings sien. Dit is nie ’n tyd vir teoretiseer nie; jy moet uitvind wat om te doen en dit dan doen.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Die sterre raak vandag jou geldsake. Ek dink nie dit gaan jou skade berokken nie, maar jy gaan ook nie aan die einde van die dag skatryk wees nie. Tog gaan jy meer kontak met jou spaarrekening hê.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy het Uranus, die planeet van die onverwagte, in jou teken geaktiveer. Dit beteken jy moet die onverwagte verwag, asook dat van jou planne min of niks gaan oplewer. Jy gaan vandag baie aksie ervaar.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Dit beloof om ’n besige dag te wees, maar in die afgelope tyd was die meeste Vrydae besig, so dit sal jou nie ontstig nie. Jy gaan wel besig wees met sake van die verlede; dalk moet jy ou dokumente in jou rekenaar inskandeer.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Daar is ’n goeie stemming vir tyd saam met vriende en kollegas deurbring. Dit gaan jou nie veel in die sak bring nie, maar jy kan ’n paar vriendelike geselsies en ’n lekker bui verwag. Nog iets: Jy kry iets wat jy wou hê, dalk iets vir ’n stokperdjie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag bring ’n klein maar aangename hupstoot vir jou ego en prestige. Dit gaan dalk wees van iemand in ’n gesagsposisie wat jou gaan laat weet hulle dink jy het goed gevaar en hulle is ingenome met jou.