Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy het goeie sterre vir vanjaar en maak vooruitgang op gebiede waar jy ’n ruk lank gestagneer het. Jou grootste probleem is hoe jy dink. Jy is geneig om fantasie en feite te meng en dan is daar onverwagte uitkomste.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone het ’n uitstekende verstand. Hulle kan dalk laat begin, maar sal eindelik ’n ensiklopediese kennis van ’n wetenskaprigting hê. Hulle sal dromers wees. Die teenoorgestelde geslag veroorsaak probleme.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Iemand grawe weer ou koeie uit die sloot en natuurlik wys hulle hoe jy beter kon doen. Dis maklik om agterna beter te weet, veral oor iets wat lank gelede gebeur het. Daardie tyd het die optrede reg gelyk.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is goeie omstandighede om ’n koppie koffie of dalk iets sterkers saam met vriende of kollegas te geniet. Soms dui die sterre wat jy het op ’n partytjie of byeenkoms. Kan dit iemand se verjaardagviering wees?

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy sal vind jy is in beheer – of is jy? Met die sterre wat jy vandag het, lyk dit asof jy die besluite neem, maar Neptunus is hier betrokke en ek is altyd agterdogtig oor Neptunus se effek omdat dit so bedrieglik is.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

As jy een van die vele Krewe is wat vandag reis of reisbesprekings maak, kan jy interessante ontmoetings en ervarings verwag, veral as jy ’n seereis beplan.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag is daar ekstra uitgawes, maar dis gesamentlike uitgawes en sal jou sakgeld nie veel beïnvloed nie. Dit kom nietemin deels uit jou beursie en jy sal bekommerd wees oor die effek op jou.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Magiese Neptunus is geaktiveer in jou hoek vir die huwelik en intieme verhoudings en sal magiese oomblikke meebring. As jy hierdie sterre goed gebruik, kan jy onverwagte vreugdes en wonderlike gebeurtenisse ervaar. Dit sal jou dag maak.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is tans bedrieglike sterre om jou. Hierdie sterre sal werkprobleme meebring as jy nie versigtig is nie. Dit sal nie maklik wees om tussen feit en fiksie te onderskei nie, maar dis iets wat jy moet doen en vinnig ook.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Neptunus se towerkrag sal vandag in jou hoek vir liefde en romanse werk. Dit behoort die Skerpioen se geaardheid en belangstellings te pas. As ’n middagkuiertjie buite die kwessie is, kan jy jou bes doen om vanaand ’n romantiese atmosfeer te skep.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Neptunus veroorsaak dat jy vreemde sterre het. Dikwels dui hierdie sterre op ’n soort lekkasie. Dis onduidelik presies wat dit is wat lek, want dit kan moeilik wees om Neptunus te peil wat met vloeistowwe en gasse te doen het.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is goeie sterre om tyd saam met familie deur te bring en oor nuus of sienings te praat. Jy het dalk een familielid in gedagte en probeer die persoon se probleme oplos. Die Steenbok is die beste probleemoplosser.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dikwels lei die sterre wat jy vandag het tot ’n verlies aan geld of besittings. Meestal is dit geld. Dit beteken dis dalk wys om jou kredietkaarte by die huis te los en net genoeg geld by jou te hou vir jou dag-tot-dag behoeftes.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag heers verwarring. Dit sal gebeur omdat kommunikasie misluk en mense teenstrydige stories vertel. Dit sal nie maklik wees om te weet wat die waarheid is nie, maar volg die Vis se intuïsie.