SATERDAG

JOU DAG

Dis ’n heerlike dag vir prettige gesinsaktiwiteite.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het leierskapstalent. Maar moenie in die komende jaar oor mense loop en namens geliefdes die besluite neem wat hulle self moet nie.

SONDAG

JOU DAG

Die ligging van Mercurius en Pluto bring wonderlike omstandighede mee om diep en ernstige onderwerpe te bespreek.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is energiek en doelgerig. Jy hou daarvan om jouself en almal om jou te organiseer. Maak net seker jy laat genoeg ruimte vir pret en spontaniteit.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is gretig om te help, maar dié naweek kan dit gevaarlik wees om blindelings in te storm en meer te belowe as wat jy kan doen. As jy take stadig maar seker aanpak, sal jy dit sonder oormatige spanning kan afhandel.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dis ’n wonderlike naweek om kwaliteittyd sam met ’n spesiale kind of tiener te bestee. ’n Vriendskap of geldkwessie kan ’n heel nuwe, verrassende rigting inslaan.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Dié naweek val die kollig op studie, reis, familiegesellighede, gemeenskapskonneksies en stimulerende gesprekke. Dit is dus die ideale tyd om baie te praat, boodskappe te stuur en te twiet.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Dit is tyd om ’n sinvolle en diep gesprek met ’n vriend, familielid, buurman of buurvrou te hê oor die ware redes waarom iets nie uitwerk nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die son, Mars en Venus, in sy agteruittog, is almal in die Leeu se teken en dus is dit moeilik om jou te ignoreer. Jou motto vir die oomblik is Madonna, wat Sondag verjaar, se woorde: “Ek staan vir vryheid van uitdrukking en die nastreef van jou drome.”

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Met die maan, Mercurius en Jupiter in jou teken is dit tyd om te skitter. Die omstandighede is goed om in die openbaar te praat of op te tree. Jy stal jou leierskapsvaardighede en kreatiwiteit uit.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jou positiewe ingesteldheid maak jou tans gewild. Dis ’n wonderlike week om te sosialiseer, te netwerk, te onthaal of jong kinders op te pas. Pak moeilike take eers later as jy kan.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die omstandighede is goed vir professionele vennootskappe, saketransaksies en geldsake – solank jy net geduldig is. Dis ’n wonderlike naweek om besigheid en plesier te meng.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Avontuurlike stokperdjies, mense en plekke trek jou dié naweek. Wat ook al jy kies om te doen, verwag ’n wonderlike kuiertyd, gevul met lewendige gesprekke en stimulerende nuwe ervarings.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Dis ’n goeie naweek vir werk en besigheid omdat Mercurius en Pluto jou konsentrasie verhoog en kommunikasievaardighede opskerp. Maak dus seker jy slaan munt uit geleenthede wat na jou kant toe kom.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die son en Venus se ligging is dié naweek ’n seëning vir verhoudings en jy is vrygewig en ondersteunend teenoor jou geliefdes. Vir enkellopendes beweeg ’n ontluikende romanse nie so vinnig as wat jy wil hê nie.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Dis ’n wonderlike naweek om ’n haakplek tussen jou en ’n naby vriend of kollega uit te stryk, vir ’n werksonderhoud voor te berei of jou werkruimte netjies en mooi te maak – veral as jy van die huis af werk.