Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit beloof om ’n suksesvolle jaar te wees. Jy sal hard werk en baie vorder; jy sal in ’n mate ’n geluksvoël wees. Daar kan inkomste wees, maar meestal bring die sterre vindingrykheid en werk mee.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens het ’n uitstekende verbeelding en poëtiese geaardheid. Hulle het hoë beweegredes en ambisies; dit sal vroeg in hul lewe sukses bring. Hulle sal gewild onder hul eweknieë wees en sal baie ware, lojale vriende hê.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is goeie sterre vir tyd saam met vriende en kollegas deurbring. Dit gebeur dikwels wanneer daar ’n afskeid of dalk ’n soort viering is, soos ’n herdenking. Wat dit ook al is, dit sal lekker wees.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Soms bring vandag se sterre ’n bevordering. Dit is dalk nie die ware Jakob nie, maar dikwels is dit ’n werklike bevordering wat beter klink as wat dit werklik is. Dit is steeds lekker om in beheer van sake te wees.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Iets gebeur waarop jy gehoop het. Dit hou verband met lang afstande, troues of geestelike seremonies. Dalk kry jy ’n uitnodiging na ’n troue of doop waarop jy gehoop het.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Sake lyk vroegoggend effe gespande, maar iemand kom tot die redding en kry alles weer normaal. Die redder sal waarskynlik jou maat wees of moontlik ’n kollega. Die dag eindig op ’n goeie noot.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Die hoeke van hou horoskoop wat vandag geraak word, is dié van vennootskappe en intimiteit, asook dié van lang afstande. Dalk besluit jy en jou maat om ’n verafgeleë plek te besoek om ’n persoonlike doel te bereik.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is goeie sterre vir werksake. Hierdie sterre bring dalk nie iets uitsonderliks wat werk betref nie, maar dit sal harmonie bring, wat ’n lekker verandering is vir vroeg in die week. Jy moet probleme met jou huisverband uit die weg ruim.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag bring ’n bietjie geluk. Dit beteken dalk ’n gedeelde inkomste, maar dis onwaarskynlik. Wat wel waarskynlik is, is dat jy die een of ander soort goedkeuring kry vir sake wat verband hou met jou inkomste. Beteken dit jy kry ’n verhoging?

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy besluit om ’n paar interessante veranderinge aan jou huis te bring. Ek sien nie dat jy dit vandag doen nie, maar jy kry die projek aan die gang. Dit is ’n dag waarop jy een of twee projekte afsluit sodat jy iets nuuts kan begin.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Jy word deur geluk omring; nie genoeg sodat jy op die ou end skatryk is nie, maar jy sal wel glimlag. Hierdie sterre is beter vir die enkellopendes onder julle as dié wat in ernstige verhoudings is.

KREEF (22 Jun.- 23 Jul.)

As jy tans in die eiendomsmark belangstel, sal jy ’n goeie dag beleef. As jy wil verkoop, behoort ’n jy goeie aanbod te kry, en as jy koop, behoort jy lekker te onderhandel. Hoe dit ook al sy, jy is aan die wenkant.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy word deur ’n bietjie geluk omring; nie die soort geluk wat geld inbring nie, maar die soort waar alles volgens plan verloop en alles in plek val. Dit is ’n goeie tyd om nuwe projekte te begin, maar binne die raamwerk van die bekende.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy moet ’n bietjie kyk na jou banksake. Dit is tyd om na jou inkomste en uitgawes te kyk en te verseker eersgenoemde oorskry laasgenoemde. Ongelukkig is dit met hierdie sterre nie aldag maklik nie.