Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar se sterre bring ’n lieflike verbetering in jou stand in die lewe. Daar is goeie sterre vir geld en goedere. Daar is selfs goeie sterre vir aansienlike gelukskote uit

loterye of trekkings; koop dus gereeld ’n kaartjie.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens is ambisieus en bekwaam, maar omstandighede buite hul beheer sal hul vordering kniehalter. Hulle is geneig om die raad van ongekwalifiseerde en onbekwame mense te volg; dit sal probleme veroorsaak. Hulle hou van die goeie dinge in die lewe.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag kry jou aansien en ego ’n hupstootjie. Jy dink dalk dit bevry jou van sekere verantwoordelikhede en gee jou ander vryhede, maar dink versigtig na voor jy met hierdie aanname optree; dalk is jy verkeerd.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy sal soek na ’n stil, afgeleë plek waar jy kan nadink en tegelykertyd dinge doen wat jy liefs privaat wil doen en nie wil hê mense moet sien en kommentaar oor lewer nie. Jy dink ook aan ’n oorsese reis.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy is in ’n posisie om na iets te kyk wat jy lankal wou hê. Met hierdie sterre is dit selfs moontlik dat jy dit kry. Ongelukkig sal dit meer kos as wat jy bereid is om te betaal.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy sal vir iemand moet instaan. Dit is moeilik om te sê net hoe dit sal uitwerk. Die vraag is, is dit by die werk of by die huis? Hoe dit ook al sy, jy sal moet reëlings tref voor jy kan help.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Werksake sal lang afstande betrek. Dit is moontlik dat jy gevra sal word om op ’n ander plek ’n taak te gaan voltooi, of dalk kom jy in aanraking met iemand op ’n vergeleë plek vir ’n oplossing vir ’n probleem.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jou huidige sterre verhoog jou libido en bring ’n klein geleentheidsvenster. Dit is alles goed en wel, maar hoekom blyk hierdie sterre altyd op ’n werkdag te gebeur?

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Dit is die einde van die week en daar is werk wat jy moet afhandel voor jy die volgende week se werk begin. Ongelukkig is alles nie heeltemal gereed nie; jy sal ’n paar verstellings moet maak sodat dit jou pas.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Jy beweeg al weer vir werk van bakboord na stuurboord, of jy doen wat gedoen moet word. Die goeie nuus is, jy sal teen die einde van die werkdag alles gedoen kry. Die slegte nuus? Daar lê nog werk voor.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is lewendige sterre vir geldsake en persoonlike besittings. Ek het al gesien hierdie sterre gebeur wanneer iemand iets spesiaals of duurs vir ’n stokperdjie of belangstelling kry. Dit is ’n nuwe item waaraan jy gewoond moet word.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy voel jy moet jou belangstellings en horisonne verbreed en in ’n mate doen jy dit. Ongelukkig is dit nie genoeg nie; jy moet dit op ’n beheerste manier doen om die beste uit jou pogings te kry.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Daar is goeie sterre vir alle kommunikasiemiddels. Dit is goed; die klem val op persoonlike kommunikasie, pleks van met elektroniese toestelle. Jy sal ’n paar ontdekkings doen.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar lê gelukkige sterre vir jou voor. Hierdie sterre sal van jou drome bewaarheid. Ek kan nie bepaal wat dit is nie, maar dit sal jou beslis gelukkig stem.