Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Daar is goeie sterre vir die jaar wat voorlê. Jy maak goeie vordering op gebiede waar sake stilgestaan het, maar so pak jy meer werk aan as wat jy met gemak kan baasraak. Daar is die een of ander soort bevordering.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense is opreg, energiek, ambisieus en lojaal. Hulle sal byna vir seker neig tot verantwoordelike betrekkings. Hulle bereik sukses met vinnige bevordering en algemene voorspoed. Hulle sal baat vind by beleggings.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Dit sal vir jou moeilik wees om met mense oor die weg te kom en jy sal nie eintlik verstaan hoekom dit so is nie. Dalk stel jy onredelike eise of dalk is hulle net kleinsielig. Die kans is goed dat dit laasgenoemde is; probeer hulle dus ignoreer.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Ná die eerste ure by die werk vandag sal jy wonder of jy skielik laag op die gewildheidskaal lê, want jy weet wat jy doen, maar die mense om jou nie. Kan dit die rede wees?

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jou skoonfamilie of familie asook iets wat met reis te doen het, sal probleme veroorsaak. Dit lyk asof daar van jou verwag word om moeite te doen vir iemand wat nie juis iets doen om jou te help nie. Daar sal ook onverwagte uitgawes wees.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy kry dit gewoonlik reg om geldsake te ignoreer tot dae soos vandag wanneer jy moet kyk waar jy staan en uitwerk hoe jy gaan kom waar jy wil wees. Is dit weens die bankstaat?

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag val die klem op die huwelik of intieme verhoudings. Te oordeel na jou sterre moet jy nou besluite neem wat meer as net jouself betrek. Jy sal regverdig teenoor almal moet wees.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Die klem val op werk en gesondheid. Vir sommige Weegskale beteken dit hulle staan in vir iemand wat met siekteverlof is of olik voel en nie die werk sonder jou hulp kan doen nie. Dis lekker om te voel iemand het jou nodig, nè?

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is betekenisvolle sterre vir jou liefdeslewe en enigiets wat met kinders te doen het. Vir party Skerpioene is daar nuus wat hulle wil hoor, moontlik nuus oor ’n swangerskap. Dis tyd vir ernstige gesprekke en aanpassings.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy het mooi sterre vir aansien. Jy kan selfs bevorder word of minstens ’n belofte kry dat jy binnekort bevorder kan word. Dis lekker, maar jy sal meer beïndruk wees wanneer dit regtig gebeur.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy hardloop baie rond, maar jy het dit min of meer verwag; dus is jy gereed daarvoor. Gelukkig sal jy met vandag se sterre kontak hê met aangename mense en nuwe vriende maak.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy beskou dikwels jou geldsake en vooruitsigte, maar sug gewoonlik en wens jy het meer gehad waarmee jy kan woeker. Vandag doen jy iets daaraan om meer geld te kry. Kan dit beteken jy kry ’n werk wat beter betaal?

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is veranderings om jou, maar omdat jy ’n veranderlike teken is, sal jy nie van stryk gebring word nie. Die geheim is om sake hul gaan te laat gaan. Dit help nie jy skop nou teen die prikkels nie. Dit sal wel help om dit te aanvaar.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Dit is een van daardie dae dat niks regtig skeefloop nie, maar niks loop ook eintlik reg nie. Dit beteken aan die einde van die dag het jy min of geen vooruitgang gemaak en oor dis amper naweek. Vasbyt!