Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar is daar ’n groot hupstoot vir jou sosiale aktiwiteite. Jy sal baie interessante mense ontmoet en interessante dinge doen. Jy geniet geluk en vriendskappe en jou sosiale aansien word versterk. Musiek en die kunste speel ’n rol in jou lewe.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense is ambisieus en ondernemend. Dit sal nodig wees om hulle as kind fyn dop te hou omdat hulle sal afdwaal om die interessante, opwindende wêreld te ondersoek. Hulle is baie aantreklik en het ’n innemende geaardheid.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Die maan in haar laaste kwartier in jou middelhemel bring die finale stadium mee van iets wat vir jou van belang is. Omdat dit ’n naweekdag is, vermoed ek dit sal ’n stokperdjie wees waarin jy ’n vlak opskuif.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is goeie omstandighede vir dinge wat met lang afstande of kontak met mense op ver plekke te doen het. Vir party Ramme beteken dit reis, maar meestal beteken dit jy kry goeie nuus van iemand wat onlangs van ver af teruggekeer het.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag is daar onverwagte uitgawes. Dikwels bring die sterre wat jy het, iets wat jy graag wil hê op die voorgrond en ook die geleentheid om dit te koop. Die probleem is net: Het jy genoeg geld in die bank om dit te kan bekostig?

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy het uitstekende sterre vir sake wat met die huwelik of vennootskappe te doen het. Dis ’n goeie tyd om jouself te verbind en vir party Tweelinge is dit selfs ’n goeie tyd om iemand te ontmoet wat baie lank in jou lewe belangrik sal wees.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is ’n beduidende krisis. Dis moeilik om te sê wat die krisis is, maar mense kom na jou toe omdat hulle weet jy kan die druk hanteer en reg optree. Jy neem besluite namens ander.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Die laaste kwartier van die maan is in jou hoek vir die liefde en romanse. Dis ’n uitstekende posisie vir die laaste kwartier en jy kan dus vandag skitterende gebeure verwag. Daar is ook goeie sterre vir sosialiseer.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Iets eindig eindelik. Dit het moontlik met die huis te doen. Dikwels dui hierdie sterre op ’n huishoudelike toestel wat na die toestellehemel gaan. Nog ’n uitgawe!

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Dit lyk of jy rondhardloop, maar dis ’n Saterdag en daar is sake wat jy voel jy nou moet afhandel terwyl jy kan. Iemand is dalk nie baie beïndruk hierdeur nie en dis jammer.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Hou jou besteding dop. Jou geld is min en jy moet iets vir ander dae hou. Daar is dinge wat iemand wil hê jy moet doen. Dit maak die dag en die gebeure ingewikkeld.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy sit weer tussen twee vure. Hoe kry jy dit reg? Dinge verloop lank seepglad en dan lyk dit asof hulle ontspoor en jy bevind jou in ’n posisie waar jy ’n onmoontlike besluit moet neem.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

’n Fout wat iemand lank gelede begaan het, sal vandag weer opduik. Dis nie jou probleem nie, maar jy probeer die gemoedere kalmeer sonder veel sukses. Dalk moet jy hulle dit self laat uitstryk.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is goeie sterre vir samesyn met vriende en kollegas. Mense sal mooi saamwerk en jy sal take baie vinnig afhandel. Daar is ook goeie sterre vir sosialiseer en om die een of ander soort verbintenis aan te gaan.