JOU DAG

Verhoudings sal vandag frustrerend wees en jy sal dus baie geduld aan die dag moet lê.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is vol selfvertroue en oortuigend – ’n gebore storieverteller. Die volgende 12 maande is dit tyd om ernstiger oor jou verantwoordelikhede in ’n verhouding te wees.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die eienskap wat jy die meeste moet ontwikkel, is geduld – veral wat gesamentlike geldsake betref. Jy wil baie graag begin, maar die boodskap vir vandag is: “Goeie dinge gebeur vir dié wat wag.”

BUL (21 Apr.-21 Mei)

Intieme verhoudings sal vandag moeilik wees omdat Saturnus kommunikasie, samewerking en toegeneentheid in die wiele ry. Baie geduld en begrip is nodig.

TWEELING (22 Mei-21 Jun.)

Jy’s uitgehonger vir nuus en wil op die hoogte van sake bly. Bel dus ’n vriend sodat julle lekker lank kan gesels. Moenie te ligsinnig wees nie. Daar kan ernstige sake wees waaroor mense wil praat.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is geen vinnige oplossings vir ’n probleem met ’n kind, tiener of vriend nie. Dis een tree vorentoe en twee treë terug – of sywaarts. Maar jy sal eindelik vordering maak.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Is jy gretig om ’n projek vinnig te laat vorder, maar dit lyk of ander jou terughou? Dis tyd om die situasie goed te beskou. Dalk is dit eintlik jy wat uitstel?

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

As jy vandag te lank oor sake dink, sal jy net berge van molshope maak. Baie is besig om te gebeur. Hou dus op om jou so oor alles te bekommer en begin net met take.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Die Weegskaal hou van luukses en is lus vir inkopieterapie, maar weens jou sterre moet jy versigtig wees. Koop praktiese items wat jy regtig nodig het eerder as duur goeters waaroor jy later spyt sal wees.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy voel dalk vandag jy kom nêrens met ’n projek nie. Jou verhouding met ’n kollega sal ook frustrerend wees en jy sal dus ekstra geduldig moet wees.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-21 Des.)

Jy wil vinnig beweeg en die mense om jou is so stadig! Jou sterre dui daarop dat jy vandag meer noukeurig te werk moet gaan wanneer jy projekte hersien en wag dat ander inhaal.

STEENBOK (22 Des.-20 Jan.)

’n Frustrerende dag lê voor weens die ligging van Venus of Saturnus. Mense is teen jou planne gekant. Kalmeer, Steenbok, en probeer geduldig ’n langtermynbenadering volg.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dis nie ’n goeie dag om ingehok te wees nie omdat jy lus is vir opwinding en avontuur. As jy ’n geliefde probeer aanjaag, sal daar later onverwagte gevolge wees.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Kyk realisties na jou drome. Doen jy wat jy graag wil? Is jy in die regte rigting op pad? Indien nie is dit dalk tyd om ’n paar positiewe, praktiese veranderinge te maak.