Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar hou baie verrassings in, waarvan die grootstes in jou intieme verhoudings is. Daar sal vele heerlike versoekings oor jou pad kom. Jy sal geneig wees om impulsief op te tof en dan na plekke te gaan en te dinge doen.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is lief vir die skone kunste en het die vermoë om hul vars en buitengewone idees weer te gee. Hulle is baie aantreklik. Hulle is skerp en intuïtief.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag is daar goeie omstandighede vir sake wat betrekking het op grond of eiendom. Vir die meeste Steenbokke sal dit nie veel beteken nie, want jy beplan nie om te trek of grond of eiendom te koop nie. Vir sommiges beteken dit ’n verband word toegestaan.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is goeie omstandighede vir samesyn met familie of bure. Ek sien nie dat jy veel doen nie, maar daar sal goeie kameraadskap wees wat jou dag makliker maak. Jy kry goeie nuus oor die foon of in ’n brief van iemand na aan jou.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag is daar goeie omstandighede vir geldsake. Op die een of ander manier lyk dit asof jy skuld betaal wat ’n ruk lank vir jou ’n las was. Miskien vereffen jy jou kredietkaartskuld vir die eerste keer in ’n lang ruk.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die goeie nuus is: Jy kry iets wat jy wil hê. Dis net vir jou. Hierdie sterre gaan dikwels gepaard met die verbetering van jou situasie met ’n stokperdjie of die een of ander soort belangstelling. Dalk kry jy ’n nuwe visstok of koekroller.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is kontak met base. Dit is goeie kontak; dus dink ek nie dit sal daarop uitloop dat jy sonder werk sit nie. Terselfdertyd sien ek nie dat jy bevordering kry nie en as jy dit kry, is dit tydelik.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

As jy van reis gedroom het, veral ’n reis oorsee, hou op droom. Jy het nou goeie sterre om werklik te gaan. As dit moontlik is, het jy goeie sterre om ’n bespreking vir die nabye toekoms te maak.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy het regtig vreemde sterre. Dit lyk asof jy ’n rekening betaal, en wanneer jy dit doen, sien jy dat jou aansien toeneem. Dit sal nie baie styg nie, maar enige verbetering is nou ’n goeie ding. Spog ’n bietjie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug)

Daar is goeie sterre om met ’n vennoot of groep saam te werk. Pak dus jou Lone Ranger-klere weg en raak gewoond daaraan om as lid van ’n groep te werk. Ek weet nie wat jy sal doen nie, maar jy is ingenome met jouself.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Ek weet dit klink vreemd, maar daar sal uitgawes namens of vir werk wees. Presies hoe dit sal gebeur, is onduidelik, maar dit bring langtermynvoordele. Daar is goeie sterre om die omgewing te bewonder.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Vandag is daar ’n reeks goeie sterre. Dit strek van jou hoek vir die huwelik en intieme verhoudings tot jou hoek vir die liefde en romanse. Met dié sterre behoort jy jou bes te doen om jou lewe te geniet deur namiddagvermaak te reël.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Iets wat met werk te doen het, eindig eindelik. Dis ’n einde wat jy sal geniet, want wat dit ook al is, dit was ’n geruime tyd ’n doring in jou vlees. Daar sal ook voordele wees omdat iemand olik voel.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy is vandag gelukkig. Jy sal goeie nuus van of oor ’n familielid kry. Terselfdertyd bring jou hoek vir die liefde en romanse ’n gelukkige stemming. As elke dag maar so aangenaam soos vandag kon gewees het.