Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Uranus en Jupiter is in jou verjaardagkaart en dit kan beteken jy kry skielik baie geld of interessante pryse. Maak dus seker jy koop gereeld ’n loterykaartjie. Dis ook baie goed vir jou liefdeslewe.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is aktief, ferm en ondernemend. Hulle sal suksesvol wees in dinge wat met wetenskap of meganika te doen het. Hulle is geïnteresseerd in nuwe metodes en moderne denke. Hul intuïsie is sterk en hulle is baie onafhanklik. Hulle is in die algemeen aangename mense.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy het baie goeie sterre om saam met vriende te wees. Hier sterre gaan gewoonlik gepaard met ’n soort partytjie en as mens die tyd van die jaar in ag neem, sal dit waarskynlik ’n braai wees. Probeer onthou om matigheid voor oë te hou.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy presteer vandag. Dis nie so ’n groot ding nie, maar is vir jou lekker, want jy het hard gewerk aan die projek en die prestasie is ’n veer in jou hoed. Die aand lyk ook goed.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Langafstande is belangrik. Met die sterre wat jy het, sal jy vandag of weggaan of ’n bespreking maak. Aan die ander kant is dit moontlik dat jy iemand sal ontmoet wat pas van oorsee af teruggekeer het of binnekort daarheen vertrek.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy sal rondkyk en dink oor dinge wat mens van die vryerige bul verwag. Ek gaan nie sê in presies watter rigting jy dink nie, maar dis heel duidelik. Daar is ’n paar interessante gebeurtenisse.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Die maan in jou hoek vir verhoudings en intimiteit sorg vir ’n goeie atmosfeer om intimiteit te wys op ’n dag gewy aan intieme verhoudings en romanse. Dis ook ’n dag waarop jy ’n persoonlike doelwit bereik.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy het waarskynlik vanoggend toe jy opgestaan het olik gevoel. Gelukkig sal jy later beter voel, want dit lyk of daar sosialisering wag en mense van jou verwag om te skitter wanneer jy in geselskap is.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar is goeie sterre vir liefde en romanse, maar wat anders verwag jy op Valentynsdag? Hierdie sterre sal jou nader bring aan iemand en sorg vir die soort geleenthede wat jy geniet, wat dit ook al beteken.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Jou kop is by dinge wat met jou huis te doen het. Jy werk meestal daaraan om iets te eindig. Dalk besluit jy om die ou tuinskuur af te breek en ’n nuwe een op te sit of dalk is daar ’n ander soort einde en begin.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Dis ’n besige dag. Jy bel en draf rond vir sekere items wat moeilik is om te kry. Jy is wys om eers te bel. As ’n oproep net so goed sal werk, is dit nie nodig om daarheen te gaan nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Hou jou geldsake dop. Daar is aanduidings dat jou bankbalans baie vinnig die rooi nader en dis iets wat jy nié nodig het nie. Iemand gee jou iets wat jy al ’n geruime tyd wil hê. Dis iets lekker.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag begin nuwe toestande. Dit is baie belangrik vir jou algehele welsyn en geluk en omdat dit Valentynsdag is, verwag ek die nuwe toestande het met jou liefdeslewe te doen.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag se sterre dui daarop dat jy iets herhaal wat jy ’n ruk gelede gedoen het, maar nou doen jy dit reg. Dis moeilik om te sê wat jy herhaal, maar dit sal jou daaglikse roetine beïnvloed. Jy voel vandag gelukkig.