Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore

JOU DAG

Die nuwe maan is in die Leeu se teken. Stel dus kreatiewe doelwitte in die jaar wat voorlê.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is oplettend, eerlik en dis groot pret om jou naby te hê. Die volgende 12 maande is die tyd om jou kontantvloei ’n hupstoot te gee en jou geldelike toekoms te beveilig.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die nuwe maan is in die Leeu se teken. Dit is dus tyd vir die weerbarstige Ram om sportief of supersosiaal te wees. Jy is beslis op jou uitbundige beste en neem die voortou. Probeer om nie te baasspelerig te wees nie.

BUL 21 Apr.-21

Stel jy al die heeltyd uit? Is daar takies by die huis wat jy bly vermy? Die nuwe maan moedig jou aan om jou moue op te rol en so gou moontlik aan die werk te spring.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Voel dit asof jy nie meer moeite doen met van jou vriendskappe nie? Die nuwe maan moedig jou aan om vars wyses te vind waarop jy met die mense om jou – by die huis, werk en in jou plaaslike gemeenskap – verbintenisse kan vorm.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy is gretig om jou fisieke voorkoms te verbeter terwyl die nuwe maan jou sone vir selfvertroue stimuleer. Geniet dit om jou uiterlike te moderniser, maar onthou dat ware skoonheid van binne kom.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Met die son en maan wat albei in jou teken is, is dit tyd vir die selfversekerde, charismatiese kat in jou om te skitter – en dis presies hoe jy daarvan hou. Doen dus iets spesiaal wat jou in die kollig plaas.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Die nuwe maan maak dit die perfekte tyd om jou batterye te herlaai. Neem ’n breek van die dol daaglikse roetine en ontsnap na ’n stil, privaat plek waar jy kan ontspan en verkwik word.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Die nuwe maan help om jou uit jou rustige luim te kry en jou lus te maak om produktief te werk. Jou bydrae tot ’n gesamentlike onderneming of spanpoging bring blywende bevrediging mee.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Dink aan kreatiewe maniere om jou loopbaan weer aan die gang te kry terwyl die nuwe maan jou werksone stimuleer. Maar moenie aansoek doen vir bevordering of ander werk tot ná Venus se beweging op 6 September nie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Boogskutters is in die bui vir opwinding terwyl die nuwe maan jou sone vir verkenning stimuleer. Dis tyd vir ’n wonderlike avontuur in die buitelewe saam met iemand spesiaal!

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die nuwe maan spoor jou aan om ’n intieme verhouding nuwe lewe en ’n ander formaat te gee. As jy in negatiwiteit verval het, is dit nou die tyd om daardie gedragspatroon te verander.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Het jy probleme met jou maat? Of is ’n intieme verhouding onder druk? Die nuwe maan bring die gulde geleentheid mee om sake reg te stel en ’n heel nuwe siening aan te neem.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Die nuwe maan maak dit die perfekte tyd om ’n gebruikersvriendelike daaglikse roetine te ontwikkel. Wanneer die ononderhandelbare take afgehandel is, sal jy meer tyd hê vir die dinge wat jy geniet.