Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG

Jy het vanjaar wonderlike sterre. In die algemeen gaan dit jou verbeteringe in jou liefdeslewe, sake en voortvarendheid besorg. Jy gaan met groot bedrae geld werk en die een of ander eerbewys ontvang.

BABAS WAT VANDAG GEBORE IS

Hierdie mens gaan ’n goeie verbeelding hê en gaan die groter prentjie kan sien terwyl hulle aan die kleiner een werk. Hy of sy kan sakesituasies gewoonlik korrek en akkuraat oordeel, en gaan in opvoedkunde of die uitgewersberoep presteer.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag bring onvoorsiene uitgawes. Dit is dalk nie heeltemal onverwags nie, want dit is waarskynlik rekeninge wat jy gereeld kry, soos dié vir eiendomsbelastingbelasting.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jou gedagtes dwaal weer na reis en hoe dit in verafgeleë plekke is. Jy wil die een of ander interessante plek besoek, maar wonder of dit meer moeite as enigiets anders gaan wees. Parys is lieflik hierdie tyd van die jaar.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Dit is een van daardie dae dat jy regtig nie alleen werk moet oorweeg nie. Jy moet met ’n vennoot of in ’n groep werk sodat enige probleme wat opduik deur meer as een mens opgelos kan word.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is goeie sterre vir iets wat te doen het met troeteldiere; dalk is Mattewis eintlik Mietsie en verras dié jou met ’n pragtige bondel katjies. Daar gaan beslis aktiwiteit rakende troeteldiere of klein diere wees.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Die sterre lyk belowend wat liefde en romanse betref. Dit is ’n werkdag; jy sal dus dalk ’n matinee moet reël. Jy sal gou moet spring omdat die klein geleentheid gouer as verwag kan verdwyn.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy gaan dink aan jou huis en dinge wat daarmee te doen het. Gewoonlik bring vandag se sterre idees oor huisuitbreidings of dalk die soeke na ’n groter huis, een wat in al jou behoeftes voorsien.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy gaan op die een of ander manier kontak hê met familielede of bure. Dit kan om verskeie redes wees, maar dit is gewoonlik om spesiale reëlings te tref. Kan dit ’n partytjie of viering in die nabye toekoms wees?

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jou sterre lyk meestal goed, maar jy sal moet oppas wanneer jy inkopies doen, want jy kan iets koop wat jy nie nodig het nie of wat jy iewers anders veel goedkoper kan kry.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Iets nuuts begin. Dis iets kleins, maar dit is ’n bietjie laat in die week vir nuwe ondernemings. Dit is ook maar goed dat jy progressief en kragdadig is; met jou energie kry jy dinge voor die naweek aan die gang.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Dit is een van daardie tye wanneer foute wat jy gemaak en verdoesel het jou inhaal. Die goeie nuus is, jy ruim dit vinnig en verbasend maklik uit die weg.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Daar gaan nuus wees oor ’n vriend of dalk ’n groep vriende. Dikwels bring jou sterre nuus van die een of ander kuier en dikwels is dit ’n afskeid. Wat is ’n goeie geskenk vir iemand wat weggaan?

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Iemand laat jou weet jy is nogal goed. Dit is moeilik om te sê wie die pryswerk doen, want soms is dit jy wat iets baie goed doen en jouself prys.