Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit gaan ’n opwindende jaar wees; jy gaan ontdekkings oor die lewe en oor jouself doen. Jy gaan belangstel in die bonatuurlike en in elektroniese toestelle. Verrassings maak die lewe interessant.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Dié babas gaan ’n aktiewe verstand hê, maar gaan ietwat impulsief en sarkasties wees. Hulle is ook oplettend en vernuftig. Hulle gaan ’n hervormer se gees en soms ietwat radikale idees hê. Hulle is opreg, lojaal en ambisieus.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy kan in ’n seker mate vandag geldprobleme verwag; dis hoekom jy iets ekstra het om enige tekort te dek. Jy het iets ekstra, nè? As jy nie het nie, moet jy liefs sorg dat jy dit iewers in die hande kry.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Die sterre lyk uitstekend vir die huwelik en intieme verhoudings. Hierdie sterre gaan jou tot ’n nuwe vlak voer, ’n vlak wat jy al ’n geruime tyd wou bereik. Dit blyk dit gaan ’n belangrike Saterdag wees.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy moet ’n paar take afhandel, maar dit lyk of die een struikelblok ná die ander duik op. Wys die Skerpioen kan so geduldig en verdraagsaam soos enige teken wees. Doen dit net stilletjies.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy gaan ’n fout maak. Dis ’n eenvoudige fout wat baie mense begaan, maar die betrokkenes gaan jou nie om daardie redes graag wil vergewe nie. Wees dus effe versigtiger met alles wat jy doen en sê.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag kry jou ego en prestige ’n lekker hupstoot. Dis ’n goeie manier om jou Saterdae deur te bring; jy gaan dus ingenome met jouself wees. Moet net nie dat iemand opmerk jy lyk selfvoldaan nie. Die sterre lyk ook goed vir romanse.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Alle soorte reis gaan jou vandag besig hou. Vir sommige beteken dit iets te doen met kort reise, maar meestal hou dit verband met ’n bootvaart of dalk ’n reis na ’n vergeleë plek.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Party mense dink die Vis is koudbloedig, maar hulle gaan hul woorde sluk wanneer hulle sien watter uitwerking die huidige sterre op jou het. Vandag lê daar ook geldelike gewin vir jou voor, dalk deur jou werk.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Elke dan en wan word die Ram die uitgesproke rebel, en vandag se sterre is net reg vir sulke uitgesprokenheid. Maak net seker jy en die res is op dieselfde golflengte; jy wil nie te radikaal voorkom nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy gaan begin met van die take waarby jy nie kon uitkom nie. Ek sien nie dat jy dit afhandel nie, maar jy gaan ’n verskil maak en jou moeite gaan nie ongesiens verby nie.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Vandag se sterre lyk belowend vir jou liefdeslewe. Hierdie sterre bring blykbaar nuwe omstandighede, maar jy gaan ingenome wees met hoe sake verloop. Iets eindig, iets wat jy al ’n ruk lank wou laat vaar het.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy gaan dink aan sake wat verband hou met jou huis en dalk jou tuin. Jy is ’n Kreef; dus wil jy ’n mooi tuin hê en gaan nie sommer net groen beton plant nie. Tog, groen is ’n mooi kleur.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar gaan klein probleme met reis wees, wat meestal met koste verband hou. Dalk gaan jy om jou ryding se brandstoftenk vol te maak en besef jou kredietkaart het sy perk bereik. Dit blyk jou spaargeld gaan al weer ’n knou kry, maar dis nie die einde van die wêreld nie.