Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Daar is uitsonderlike sterre vir die jaar. Dit is ’n tyd waarin jy stilstaan, bestek opneem en ’n nuwe rigting inslaan. Jy is ook heel gelukkig; beproef dus die lotery.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens is aantreklik en het ’n aangename persoonlikheid. Hulle sal talentvol en gelukkig wees en dit sal lei tot sukses in watter beroep hulle ook al volg. Hulle is baie aktief en energiek en geniet dit om dinge gedoen te kry.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Maandae is dikwels besig, maar in ’n sekere opsig sal jy vandag besiger of meer uitgeput as gewoonlik wees. Dit is dalk ’n goeie tyd om te steun op ’n maat; ek is seker jou oproep sal beantwoord word.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy sal nie van die idee hou nie, maar jy sal vandag ekstra geld moet opdok. Dit is nie baie nie, maar nou kan enige onbeplande uitgawes ’n baie ongemaklike situasie vir jou skep. Maak seker jy kry waarde vir jou geld.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dit is ’n besige dag; jy sal weinig stilsit. Een ding waarop jy bedag moet wees, is oorhangende takke of oop kasdeure waar jy jou kop kan kap. Sulke beserings is pynlik en hinderlik.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dit is weinig dat staatsdepartemente goeie nuus bring, maar vandag is daar ’n aanduiding dat jy goeie nuus van die een of ander departement kry. Dalk kry jy ’n terugbetaling van geld wat jy betaal het of miskien kry jy geld waarop jy geregtig is.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is goeie sterre vir samewerking met mense en aangesien dit Maandag is, is dit ’n goeie tyd om die las te deel. Jy kan môre weer op jou eentjie werk, maar vandag het jy hulp nodig om jou take afgehandel te kry.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy blyk meer as gewoonlik uit te rig, maar in ’n sekere mate sal dit jou nie pla nie. Kan dit wees dat jy die werk doen wat jy geniet en dat werk jou interesseer en uitdaag? Dit klink asof daar ’n goeie dag op jou wag.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is goeie sterre vir romanse. Is dit maar nie altyd so nie? Oor die naweek – wanneer jy iets daaromtrent kan doen – lyk jou sterre vir liefde maar oes, maar op ’n werkdag – wanneer jy nie veel vrye tyd daarvoor het nie – het jy goeie sterre.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy sal iets afsluit sodat jy iets nuuts en anders kan begin. Dit is iets goeds; jy het dan die hele week om aan die nuwe projek te werk en te verseker dit eindig soos jy wil hê en verwag.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Daar is veel te doen, maar om die een of ander rede sal jy gedurig onderbreek of afgelei word. Dit is alles goed en wel, maar jy het werk om te doen en jy moet konsentreer. Die telefoon sal moontlik die grootste afleiding wees.

KREEF (22 Jun.- 23 Jul.)

Daar is goeie sterre vir geldsake. Ek dink nie dit beteken ’n inkomste nie, maar dit beteken wel jou sake blyk in ’n goeie toestand te wees. Iemand sal jou ’n geskenkie gee; iets kleins maar opreg.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Dit is tyd om jou horisonne te verbreed. Jy besef dit dalk nie heeltemal nie, maar die afgelope tyd voer jy ’n ietwat kortsigtige bestaan. Nou moet jy na die verre horisonne kyk om jou lewe sinvoller te maak.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy moet bedag wees op verhitting. Vandag se sterre kan veroorsaak dat jy vlugtig afgelei word en nie oplet dat iets oorverhit tot op die punt dat dit tot skade kan lei nie. Wees dus bedag daarop.