Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit is ’n tyd wanneer jou gewoonlik uitstekende oordeel jou in die steek laat en jy dinge sê en doen wat belangrike mense vervreem. Dit is ’n tyd waarin jy oorhaastig sal wees wanneer dit nie nodig is nie. Dit is tyd vir ingrypende verandering.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens sal in ’n sekere opsig in die openbare oog wees, dalk omdat hulle in sport presteer of dinge vermag wat ander se aandag trek. Hulle sal wel sukkel met die teenoorgestelde geslag.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag se sterre vir liefde en toegeneentheid lyk taamlik goed, maar omdat Saturnus hier betrokke is, sal hulle op ’n stil manier openbaar. Dit is nou ware liefde. Toestande is ook goed vir dié in verhoudings.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Op die oomblik soek jy ’n stil, vreedsame plek. Dit kan om verskeie redes wees, maar gewoonlik bring vandag se sterre die behoefte aan ’n stil oomblik weg van al die gejaag.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is goeie sterre vir tyd saam met vriende of kollegas deurbring. Daar is selfs nog beter sterre vir tyd saam met mense wat ouer as jy is. Kan dit ’n partytjie ter viering van ’n verjaardag of uittrede wees?

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is taamlik goeie toestande vir jou werk en loopbaan. Ek dink nie hierdie sterre bring ’n bevordering tot hoofbeampte nie, maar jou posisie sal ’n klein hupstoot kry. Jy moet dalk Maandag ’n bietjie ekstra verantwoordelikheid aanvaar.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Venus kom vandag met Saturnus in aanraking; dit bring ’n soort bittersoet ervaring. Dit behels lang afstande en mense wat op die oomblik ver van jou af is. Dit is goeie nuus, dalk van ’n verlowing of geboorte.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jou agtste hoek is vandag geaktiveer; jy kan dus ’n paar onverwagte uitgawes verwag. Dié uitgawes sal jou nie bankrot maak nie, maar dit sal ’n hap uit jou spaargeld vat. Kan dit ’n parkeerboete wees?

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Venus en Saturnus in jou hoek vir intimiteit skep dit wat net as gemengde toestande beskryf kan word. Dit is iets waarsonder jy sou kon klaarkom. Jy hou van stabiliteit; daarom val dié toestande nie in jou smaak nie.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Vandag se sterre dui op werkprobleme. Iemand is blykbaar vuur en vlam, maar dan killerig. Dit kan net jou dag bederf; jy probeer dit ignoreer. Ongelukkig is daar dinge wat ’n mens nie kan ignoreer nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Venus kom vandag in jou hoek vir liefde en romanse met Saturnus in aanraking. Dit kan moeilikheid bring met mense wat nie tot ’n besluit kan kom nie. Joune is ’n kardinale teken wat nie aarseling verstaan nie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Venus en Saturnus in jou hoek vir die huis is gewoonlik ’n goeie kombinasie, maar soms bring dit oponthoud. As jy dus byvoorbeeld vir meubels wag, kan jy jou maar regmaak vir ’n lang wag.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Daar is baie goeie toestande vir tyd saam met familie of bure deurbring, veral dié wat ouer is as jy. Daar sal ook kontak wees met iemand wat taamlik aantreklik is, wat jou dag sal maak.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Vandag bring botsende toestande rakende geld of materiële besittings. Soms veroorsaak hierdie sterre dat jy iets raaksien wat jy graag wil hê, maar jy sal moet wag voor jy dit kan bekostig.