Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

In die komende jaar sal een of meer van jou planne op ’n baie openbare manier skeefloop. Dit sal hoofsaaklik gebeur omdat jy sal toelaat dat bedrieërs jou uitbuit. Jy sal ooreenkomste onderteken. Wees uiters versigtig.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense se sterre dui op verlies weens bedrog en misleiding. Die teenoorgestelde geslag kan probleme veroorsaak en daar is hindernisse vir die huwelik of intieme verhoudings. Hulle is geneig om sentimenteel te wees. Hulle is aangename mense.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy is geneig om deur ’n rooskleurige bril na die lewe te kyk. Dis alles goed en wel, maar nes ’n munt twee kante het, het ’n situasie ook, en jy moet van albei daardie kante bewus wees. Geniet vandag, maar moenie onverstandig wees nie.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Vandag is daar goeie omstandighede vir jou aansien en ego. Mense vertel vir jou hulle dink jy is die kat se snor, maar pasop, iemand hou jou vir die gek. Is daar dalk ’n bevordering wat nie regtig een is nie?

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Invloede in jou negende hoek laat jou nadink oor lang reise en omstandighede op ver plekke. Dit raak nou winter in die Suidelike en somer in die Noordelike Halfrond. Kies ’n bestemming.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy het bedrieglike sterre. Daar is gebeure en jy word dinge vertel waarvan net die familie of minstens ’n klein groep mense moet weet. Wat op die veld gebeur, bly op die veld. Dis so iets.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vreemde omstandighede is op pad. Dit sal grotendeels jou huwelik en intieme verhoudings raak. Dit lyk nie asof dit enige skade inhou nie, maar jy kan dalk ’n paar wenkbroue laat lig as jy dit bespreek.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Weens die posisie van Neptunus in jou horoskoop is daar ’n goeie kans dat jy ’n soort ontsteking kan opdoen. Hierdie sterre dui gewoonlik op ’n hoes of verkoue, maar soms bring dit die ontsteking van snye of skraapmerke mee.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Neptunus is in jou vyfde hoek geaktiveer en kan magiese omstandighede in jou liefdeslewe meebring. As jy sien daar is ’n kans vir ’n middagkuiertjie, gryp dit aan. So nie, kan jy seker maak romantiese dinge gebeur wanneer jy vanaand tuiskom.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dikwels kan die ligging van Neptunus vandag omstandighede meebring waarin iemand jou probeer ondermyn. Ongelukkig sal hulle dit baie dikwels regkry, want hulle doen dit alles so onderlangs en jy is so goedgelowig. Loop dus lig.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dit lyk asof daar sosiale aktiwiteit is. Dit behels bure en familielede, maar meestal familie. Wees versigtig. Iemand kan jou vertroue wen en jou dan in die steek laat, en dan is dit jy wat in die verleentheid gestel word.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Die bedrieglike Neptunus is in jou hoek vir geldsake. Dit beteken meestal verliese deur diefstal. Soms word jy verneuk en soms word jy omgepraat om iets te koop wat eintlik nutteloos is.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Die grootste deel van vandag sal Neptunus in jou teken jou gelukkig laat voel. Dis onduidelik waarom jy so voel, maar jy sal dit geniet. Kan dit wees dat jy goeie sterre vir die liefde en romanse het?

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag is daar moeilike omstandighede omdat iemand ’n fout of dalk ’n reeks foute begaan het. Soms kan een klein foutjie tot ’n klomp daarna lei. Dit word die domino-effek genoem.