Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Die maan se ligging vandag teenoor Jupiter en Uranus kan ’n aansienlike wen in ’n soort trekking of lotery inhou. Koop dus gereeld kaartjies. Jy sal vele fassinerende ontdekkings oor jouself en die lewe doen.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense is aktief en ondernemend. Hulle het ’n aanleg vir wetenskap en stel belang in fisika en hoe dinge werk. Hulle sal op die uitkyk wees vir vooruitstrewende, interessante mense en hulle met sulke persone omring. Hulle stel ook in elektronika belang.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt. 20)

Dis die einde van die week, maar die begin van iets belangriks. Die ding wat begin, het te doen met jou wat jou ongetwyfelde verstandelike vermoëns inspan en selfs ook die Vis se intuïsie, wat so waardevol in jou werk is.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar sal ’n klein teleurstelling wees, maar dis Vrydag die 13de en dus kan ’n mens dit min of meer verwag. Die geheim is om nie paniekerig te raak of van rigting te verander nie, maar aan te hou tot jy suksesvol is, wat eindelik sal gebeur.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is nog uitgawes. Jy probeer om jou besteding te bedwing, maar vandag besef jy jy moet jou hand dieper in jou sak steek en betaal. Dit lyk of dit vir iets is wat jy ’n redelike ruk gelede gekoop of gereël het.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Dis ’n goeie dag vir die huwelik, vennootskappe en intieme verhoudings. Dit lyk nie of jy veel voordeel trek uit die intimiteit nie, maar dit kan teen vanaand verander. Werkverhoudinge sal heel goed wees.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

As jy ’n bietjie olik voel, moenie die skuld pak op die moeilike dag wat jy beleef nie. Blameer dit wat jy gister of laas nag gedoen of nie gedoen het nie. Ten minste weet jy jy sal die tweede helfte van die dag beter voel.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Die maan in jou hoek vir die liefde en romanse bring goeie omstandighede mee om by iemand spesiaals te wees en te sê hoe jy voel, wat dit ook al is. En die groot kat weet die beste hoe om dit te doen. Dit klink na ’n dag vol pret.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Jy is halfpad met ’n taak wanneer jy moet ophou. Dis vreeslik frustrerend, nè? Jy het hard en lank gewerk en kan sien die einde is in sig, maar die werk word aan iemand anders uitgedeel en jy gaan nie daarmee voort nie.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Vandag is daar twee dinge wat jou besig hou. Eerstens is daar oproepe of korrespondensie wat jou aan die gang hou en dan hardloop jy in sirkels en probeer om sekere take voor vanaand af te handel.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Geldsake sal belangrik wees. Ek weet dis altyd belangrik, maar vandag is dit effens anders. Jy is bekommerd oor iets wat jy beplan het om die naweek te doen. Dis iets duur.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dis die einde van die week, maar die begin van iets. Dié einde en begin sal jou vir ’n ruk raak. Die goeie nuus is dit sal jou op ’n goeie manier raak en later selfs meer goeie omstandighede meebring.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag lui ’n klokkie by jou. Iets wat vandag gebeur, het ook ’n tyd gelede gebeur. Jy sukkel om te onthou wat dit was en hoe jy dit hanteer het. Onthou die verlede; dit sal jou in die hede help.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is goeie omstandighede om saam met vriende en vennote te kuier. Daar sal meer hartlikheid as gewoonlik wees en mense doen moeite om vriendelik te wees en mooi dinge vir jou te doen. Vanaand verander planne onverwags.