Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jou sterre vir vanjaar dui op moeilikheid. Van jou planne sal misluk en jy sal omgekrap wees, maar dit sal later vanjaar tot jou voordeel wees. Jy het baie goeie sterre vir liefde en romanse.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone sal aantreklik wees en ’n aangename persoonlikheid hê. Hulle sal in die geesteswetensakppe belangstel en waarskynlik betrokke raak by iets soos geneeskunde, opvoedkunde of ’n ander beroep waarin hulle mense help. Hulle is baie slim en skerpsinnig.

TWEELING (21 Mei-21Jun.)

Dit sal vir jou voel asof jy die verkeerde ding doen, maak nie saak wat jy doen nie. Gewoonlik gaan jy saam met die stroom, maar vandag is jy omgekrap oor iets en sê dit reguit vir die mense om jou.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is baie goeie omstandighede vir ’n paar dinge. Jy sal die een of ander doelwit bereik. Dit sal iets persoonliks wees – iets wat jy nie gewoonlik met ander bespreek nie, maar jy voel goed daaroor. Daar is ook goeie geselskap.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar is goeie sterre om vir die een of ander soort kompetisie in te skryf, want daar is goeie omstandighede vir jou om te wen. As jy in die een of ander kompetisie meeding, sal jy waarskynlik welverdiende pryse wen.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jou gedagtes is by reis. Daar kan ’n aantal redes daarvoor wees. Enkele Maagde sal vandag op ’n lang reis vertrek. Dit sal meestal kontak met langafstandreisigers beteken.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar sal klein bekommernisse oor geld wees. Die rede hiervoor is meestal dat jy van iets vergeet het. As daar geld betrokke is, is dit dalk wys om vroeg na die OTM te gaan en seker te maak jy het ekstra kontant by jou.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag is daar goeie sterre vir die huwelik en intieme verhoudings. As jy een van die vele Skerpioene is wat vandag trou, het jy ’n goeie tyd daarvoor gekies. Daar kan ’n paar onbelangrike haakplekke wees.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dit lyk of werk vandag belangrik is en tog is dit naweek. Dalk doen jy ekstra werk. Soms bring die sterre wat jy vandag het omstandighede mee om na ’n meer belonende werkaktiwiteit aan te beweeg.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Liefde en romanse is vandag hoog op jou prioriteitslys en hoekom nie? Jy het uitsonderlike sterre hiervoor. Laat iemand dus weet jy gee om. Reël ’n intieme aandete gevolg deur waarvoor jy ook al lus is.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag lyk nogal besig. Jou sterre sal meebring dat iets eindig. Dis iets wat al ’n ruk lank in gebruik is, maar nou uitgedien is. Dis dalk ’n huishoudelike toestel. Daar is uitgawes op pad.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is goeie sterre vir kort reise. Hierdie reise kan kontak met interessante mense meebring, veral daardie mense wat jy nie baie dikwels sien nie. Dit lyk asof dit ’n prettige dag is.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Wees versigtig met jou geld. Dit beteken jy moenie jou beursie op die toonbank laat lê terwyl jy na items in die winkel kyk nie. Wees ook op jou hoede wanneer jy items koop. Van die items is nie hoe dit lyk nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag begin iets. Dis iets wat jy al lank wil hê – dit sal jou omstandighede verbeter. Begin soos jy wil voortgaan, dan sal dit goed gaan.