JOU DAG

Uranus krap sake deurmekaar. Verwag dus die onverwagte!

AS JY VANDAG VERJAAR

Binne die volgende 12 maande is jy waaghalsig genoeg om ’n groot sprong in die duister te waag. Jy moet leer om emosionele baggasie af te skud voor dit te veel raak vir jou.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Uranus maak die Ram se roekelose kant wakker. Jy verras of skok ander met ’n vreemde, onvoorspelbare skuif. Moenie die baba saam met die badwater uitgooi nie!

BUL (21 Apr.-21 Mei)

Fokus op huishoudelike sake en om harmonie te skep. Kyk ook na jou huidige geldsituasie. Weerstaan die begeerte om vinnig met kontant en sorgeloos met krediet te wees.

TWEELING (22 Mei-21 Jun.)

Die maan is in jou sone. Laat die sirkus dus begin! Jy is gretig om met ander te kommunikeer en skinder ’n storm los. Jy gesels, stuur boodskappe en twiet.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Onvoorspelbare buie kan vandag ’n stok in die wiel wees. Is jy op soek na nuwe werk? Wys dan dat jy in ’n menigte uitstaan. Die sleutelwoord is ware Kreef-selfvertroue.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jou ontwrigtende, selfsugtige gedrag sal jou vandag van ander vervreem. Doen jou eie ding, maar moenie jou familie en vriende se behoeftes minag nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jou ingebore nuuskierigheid en veranderlikheid is vandag sterk. Stimuleer dus jou brein. Jy kan ook skielike ontwrigtings in jou goed beplande daaglikse roetine verwag.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Die omstandighede is goed vir reis omdat die maan en Uranus in jou avontuursone is. Dis ook ’n wonderlike tyd om met vriende oorsee kontak te maak. ’n Geliefde kan jou met verrassende nuus skok.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Die Skerpioen is ’n vaste teken; dus kan jy ongelooflik koppig wees. Jy sal vandag vind ’n meer proaktiewe, buigsame benadering sorg vir die beste resultate, veral in intieme verhoudings.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-21 Des.)

Jy hou van jou onafhanklikheid, maar moenie alles op jou eie doen nie. Bespreek jou toekomsdrome met vriende wat soos jy dink. Jy het ’n talent om ander te inspireer. Gebruik dit.

STEENBOK (22 Des.-20 Jan.)

Jy sal dit moeilik vind om enige beperkings te hanteer. Verhoudings sal dus onvoorspelbaar wees. Hoe koppiger jy is, hoe moeiliker sal die dag wees.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Uranus aktiveer vandag jou rustelose, roekelose sy. Jy voel ongeduldig en onrustig. Ongelukke kan makliker as gewoonlik gebeur. Wees dus ekstra versigtig, veral wanneer jy ’n voertuig bestuur.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Is jy bekommerd oor geldsake? Soek nuwe maniere om jou kontantvloei en bankbalans te verbeter. Vriende en geldsake is ’n onvoorspelbare kombinasie. Hou die twee dus apart.