Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

In die volgende paar maande sal jy verrassende ontdekkings maak – meestal oor jouself en jou vooruitsigte. Daar sal meevallertjies wees en jou aansien sal skielik verhoog.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone het ’n skerp verstand. Hulle kan diep dink en redeneer. Hulle is baie geheg aan hul huis en gesin en beskermend teenoor gesinslede. Hulle het hoë en eerbare ideale. Dalk is hulle te vrygewig en simpatiek.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Iets eindig. Dié einde sal vinnig en moontlik onverwag wees. Dit sal effens hinderlik wees. Wanneer die stof gaan lê, sal jy sien dit was die beste ding wat kon gebeur het. Dis ’n gelukkige dag.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy is meer aan die gang as gewoonlik. Dis nie ’n probleem nie, maar jy het planne om dinge te doen wat jy voel gedoen moet word. Gelukkig kan dié dinge wag. Dit móét wag.

VIS (20 Feb.-20 Mrt)

Dis vreemd, maar jou geldsake kom reg. Soms kan die sterre wat jy nou het, veroorsaak dat jy op klein skaal wen, maar meer dikwels sal die geld wat na jou toe kom geld wees waarop jy geregtig is. Is dit dalk ’n terugbetaling?

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die afgelope tyd is jy soos ’n rebel wat die wêreld wil verander en vandag doen jy dinge om dit te vermag. Ek sien nie juis veel verandering nie, maar jy sal minstens jou sê kan sê en mense sal geduldig luister.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is die een of ander verrassing. Dit het te doen met tye wat verby is of foute wat begaan en reggestel is. Die omstandighede sal nie veel belonings bring nie, maar daar is goeie sterre hier. Dinge behoort dus goed te lyk nadat dit gebeur het.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy kry onverwag iets wat jy graag wil hê. Dit is so onverwag jy sal nie regtig weet hoe om dit te hanteer nie. Moenie bekommerd wees nie. Dit wat jy kry, sal nie verdwyn as jy die verkeerde ding doen nie.

KREEF (22 Jun.- 23 Jul.)

Met die onvoorspelbare Uranus in jou tiende hoek lyk dinge goed vir jou. Daar is selfs ’n moontlikheid dat jy die een of ander soort bevordering kan kry of minstens sal jou algemene aansien styg.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Dinge lyk goed vir die leeu. Daar is selfs goeie sterre vir ’n reis oor grense heen of oorsee. Jy sal ’n reis op water kies. Dis vreemd, want die katagtiges van die diereriem is versigtig vir water.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Daar kan ’n rekening wees wat jy nie verwag nie en dit lyk na een wat jy nie wil hê nie. Dis dalk ’n rekening vir iets wat jy nie gekry het nie of wat jy nie geniet het toe jy dit gekry het nie.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Jy het baie goeie sterre vir sake wat met jou huwelik of intieme verhoudings te doen het. Hierdie sterre sal dalk nie onbeteuelde passie bring nie, maar wel interessante en sielsalwende oomblikke. Dis lekker om nodig te voel.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Uranus in jou hoek vir gesondheid kan ongewone gesondheidsprobleme bring. Dikwels is die probleme klein, maar irriterend. Dis dinge soos snye of skrape wat pleisters nodig het. Die probleem is pleisters op jou lyf lyk nie so goed nie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Uranus in jou vyfde hoek kan soms sorg dat jy op klein skaal wen, maar dit is onderhewig aan baie ander faktore. Probeer dus een kaartjie en los dit. Moenie die groot prys probeer wen nie. Daar is ook goeie sterre vir liefde en romanse. Geniet dit!