Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar sal jy in situasies beland wat effens ontmoedigend is en as jy toelaat dat dit jou affekteer, sal jy stagneer, pleks van vooruitbeweeg, soos jy wil. Beenbeserings is algemeen met dié sterre.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense is tipiese vegters en gee vir seker nie maklik moed op nie. Alles blyk ’n geveg te wees, selfs om dieselfde te bestee as wat hulle verdien, maar hulle sal eindelik oorwin. Hulle is stil, aantreklik en vriendelik.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag is daar ’n geleentheid vir persoonlike verbetering. Dis waar jy moet dink: Carpe Diem, en dan regtig die geleenthede aangryp. Daar steek geen voordeel in om spyt te wees as jy te stadig was om die geleentheid aan te gryp voor dit verby is nie.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy het goeie sterre om mense van jou te laat kennis neem, maar jy moet seker maak hulle sien jou wel raak, want die kans is goed dat enige voordele wat jy kry, verbygaande is en nie binnekort herhaal sal word nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jou hoofbekommernis vandag is oponthoude. Die vertragings sal meestal met reis te doen hê, maar dié in kommunikasie sal jou teen die mure uitdryf. Dit kan beteken dat die foon van die persoon wat jy wil kontak, heeltyd beset is of jy bereik nie die regte persoon nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag is daar onwelkome uitgawes. Die uitgawes behels meestal iets wat jy hoop jou aansien sal verbeter en gevolglik moet jy goed lyk en jou swaarverdiende geld gebruik sonder om te kla.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy het vreemde sterre. Hierdie sterre beperk jou vryheid om jouself uit te druk. Gewoonlik is dit met dié sterre nie moontlik om sekere dinge voor ’n spesiale persoon of persone te sê nie. Jy kan moontlik ’n klein besering opdoen.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is goeie sterre vir bykomende verantwoordelikhede by die werk. Dit hou op die een of ander manier met gesondheid verband. Dit kan jou of ’n medewerker se gesondheid wees. Wat dit ook al is, jy voel ’n rukkie olik.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Die koel Saturnus is in jou hoek vir liefde en romanse geaktiveer. Dit bring soms ’n koudheid na dié deel van jou lewe, maar gewoonlik bring dit ’n welkome element van blywendheid, wat ook al in jou liefdeslewe gebeur.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Jy het goeie sterre vir ernstige besprekings, maar sekerlik nie vir ’n stryery nie. Enige aap kan baklei en die meeste doen dit. Onthou dit vandag as iemand jou knoppies probeer druk en jou by ’n lewendige debat probeer intrek.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Probeer om vandag op een plek te bly. As jy rondhardloop, sal jy waarskynlik opgehou word en dit sal voel asof jy ure moet wag. Daar sal nuus oor ’n familielid wees.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is onverwagte nuus oor geld of persoonlike besittings. Die omstandighede is nie goed of sleg nie, net ongerieflik. Dikwels behels dié sterre dat iets breek en jy dan moet wag terwyl dit herstel word.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Saturnus sal vandag in jou teken geaktiveer wees. Dit laat jou stilstaan en sake in oënskou neem. Dis onduidelik presies hoekom jy dit moet doen, maar jy sal iets daaromtrent doen voor jy eindelik aanbeweeg. Daar is ’n paar oponthoude.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Gewoonlik is jy nie een van daardie ydel mense wat gedurig aantrek en regmaak nie, maar vandag is jy. Dis waarskynlik omdat jy iemand ontmoet wat belangrik vir jou toekoms is en jy ’n goeie indruk wil skep.