Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Daar is goeie sterre vir liefde en romanse. Hierdie sterre bring liefde vir alleenlopers en mense in verhoudings, maar terselfdertyd is daar faktore waarvan jy nie sal weet nie. Wees dus diskreet en diplomaties.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon het ’n goedige geaardheid en is vriendelik en barmhartig. Hulle is vrolik en almal wat hulle ontmoet, sal van hulle hou. Hulle stel belang in die teater, filmwese en die radiobedryf. Daar is goeie omstandighede om geld te maak.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Van die probleme wat jy die afgelope dae en weke ervaar het, sal minder ernstig word, maar bly steeds op jou hoede. Vandag is regtig ’n dag waarop jy moet seker maak alles verloop goed. Dis tyd om te delegeer.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy dink aan die meer verhewe dinge in die lewe –soos godsdiens, filosofie en opvoeding. Die goeie nuus is, jy het goeie sterre vir reis, om in die son te ontspan en om van die lewe se sorge te vergeet.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dit lyk asof daar probleme met versekering of regeringsamptenare is. Hoe dit op ’n naweekdag gaan werk, is nie duidelik nie, maar dit is moontlik dat jy op ’n afgesperde area parkeer en ’n liefdesbrief op die voorruit kry.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is goeie sterre vir vennootskappe. As jy een van die baie Visse is wat vandag die een of ander soort seremonie bywoon, weet maar jy het goeie sterre daarvoor. Sommige Visse sal iemand ontmoet wat later vir hulle belangrik sal wees.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is goeie sterpatrone vir gesondheid en om te werk aan dit wat jy voor die einde van die jaar wil voltooi. As jy een van die baie Ramme is wat vandag moet werk, kan die dag sekerlik vermoeiend word.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Dit lyk of jy goeie geluk het. Dit kan beteken dat jy geld wen, maar omdat dit jou hoek vir liefde insluit, dink ek jy sal weens die liefde gelukkig wees en dit is eie aan die Bul.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy vind ’n oplossing vir ’n alledaagse maar aanhoudende probleem en dit maak jou dag. Jou enigste probleem is, jy moet iets stop sodat jy op ’n beter manier daarmee kan begin. Die gedurige eindes en beginne kan jou bekommerd maak.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar sal reise en onderhandelings met bure en familie wees. Dit is nie regtig ’n probleem nie, want jy kan jou bekoring gebruik en die pad gelyk maak om merkbare resultate te kry. Iemand vra jou ’n guns.

LEEU (24 Jul.- 23 Aug.)

Daar is goeie sterre vir geld en dit is goed. Die rekeninge wat jy dink jy vandag sal kry, is nie wat jy verwag het nie. Die werklikheid is dat dit jou baie meer uit die sak sal jaag, soos jy binnekort sal uitvind. Hou ekstra kontant byderhand.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Jy begin met iets. Die projek kan jou nou afskrik, maar jy sal jou voete vind en groot dinge laat gebeur. Daar kan geldelike gewin wees, maar dit sal met ’n ompad kom.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Daar is die gewone takies en kommunikasieprobleme, maar Weegskale is baie goeie kommunikeerders. Daar sal gepraat word oor dinge wat verby is, maar ek sien geen ware probleme nie. Wees net ’n bietjie diskreet.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Die wêreld hou nie asem op vir jou volgende woorde nie, maar sommige mense is regtig geïnteresseerd. Sê dus wat jy voel jy moet, maar sê dit so dat jy nie mense aanstoot gee nie.