Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG

Die jaar begin goed; dinge verloop glad en jy het goeie vooruitsigte. Tog is daar haakplekke wat jou party aspekte van jou lewe gaan laat herdink. Jy gaan jou bekommer oor dinge wat nooit kan gebeur nie.

BABAS WAT VANDAG GEBORE IS:

Mense wat vandag gebore is, sal deurdag, konserwatief en versigtig wees. Hulle gaan nie veel erg hê aan vrolikheid nie, maar het ’n aweregse humorsin. Hulle gaan meer bereik met subtiliteit en takt as met krag of grootpratery. Hulle is stil aantreklik.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag se sterre het betrekking op gedeelde finansies. Dit beteken gewoonlik jy moet vinnig opdok, wat beteken jy het nie baie tyd om te spaar nie. Jy sal dan van die gedeelde spaargeld moet gebruik om die koste te dek.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy het goeie sterre vir intieme verhoudings. Hierdie sterre bring ’n spesiale nabyheid en nog ’n geleentheid om te wys Maagde is allesbehalwe kil. Daar is selfs goeie sterre vir ’n matinee, maar jy sal vinnig moet spring.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

As jy ’n bietjie olik voel, kan jy jou sterre deels daarvoor blameer. Nie dat die sterre jou baie sleg gaan laat voel nie; jy gaan net voel jy is nie op jou beste nie. Gelukkig behoort jy teen die middag weer soos jou ou self te voel.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Die sterre lyk belowend vir liefde en romanse; laat iemand weet jy gee om en laat die sterre die res doen. Jy kan onder hierdie sterre ook klein oorwinnings beleef. Let wel, klein oorwinnings.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dit is die middel van die week en ’n projek wat jy gedink het nog weke gaan sloer, kom op ’n end. Dit gaan jou onkant betrap, want jy het jou rooster hierom beplan en verwag dit sou sloer.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy gaan vandag gedurig aan die beweeg wees. Dit gaan jou nie pla nie, want jy gaan eindelik voel jy het iets bereik. Al probleem wat nog kan pla, is die onverwagte koste.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy moet liefs jou finansies nagaan. Daar is uitgawes op pad en jy gaan moet seker maak jy kan dit dek sonder om aan jou spaargeld te raak. Iemand gee jou ook vandag ’n geskenk.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Om nuwe projekte in die middel van die week te begin is soos om in die middel van die rivier om te span en ek verstaan dit is nie ’n wyse besluit nie. Ongelukkig het jy nie veel sê in die saak nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jou planne vir vandag is gemaak en jy wil dit in werking stel, maar iets is nie reg nie. Hierdie probleem gaan veroorsaak dat jy jou week se projekte moet hersien en foute korrigeer.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jou sterre lyk goed vir tyd met vriende en kollegas. Ek sien nie iets skouspelagtigs hier nie, maar jy gaan jou tyd met sekere mense geniet en hulle gaan jou laat weet hulle dink jy is spesiaal.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Vandag se sterre lyk goed vir jou prestige en ego. Dit is waar jy blom, want iemand (of dalk ’n groep) vir wie jy ’n hoë agting het, laat jou weet hulle dink jy is taamlik goed. Wees beskeie wanneer jy lof aanvaar.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is goeie sterre om jou, maar daar kan wrywing wees met geloof of politiek, van alle dinge. Jy weet van beter as om hierdie sensitiewe sake te bespreek met mense wat nie dieselfde oogpunt as jy het nie.