Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dis ’n jaar waarin jy jou kaarte styf teen jou bors moet hou. Moenie op mense vertrou nie, want hulle sal jou in die steek laat – of dit nou doelbewus is of nie. Maak die beste van die regtig goeie sterre vir liefde en romanse.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is gefassineer deur reis na ver en eksotiese plekke. Hulle kan op die een of ander manier ’n loopbaan van maritieme of reissake maak. Hulle is baie aantreklik en het ’n aangename persoonlikheid, maar kan kort van draad wees.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is goeie sterre vir geldsake, veral as jy ’n bietjie opsygesit het vir moeilike tye. Die sterre wat jy vandag het, kan rente of geld meebring wat jy nie regtig verwag het nie en dít is altyd lekker.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy kan ’n besige dag verwag met betrokkenheid van vriende en kollegas. Dit kan ’n soort partytjie wees of dalk geniet jy middagete saam met mense wat jou belangstellings deel. Iemand sal probeer om iemand ’n streep te trek.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy het goeie sterre vir werksake. Die sterre moet nogal baie goed wees dat dit op ’n Maandag kan gebeur. Met hierdie sterre lyk dit asof jy op die agtergrond werk. Jy doen wat jy geniet om te doen en doen dit goed.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar sal nuus van iemand op ’n ver plek wees. Dié persoon is waarskynlik ’n vriend of iemand wat vir ’n kollega of maat belangrik is. Die tyd sal leer hoe goed jy daarmee is om ander se probleme op te los.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy sal eindelik erkenning kry vir dit wat jy in die verlede gedoen het. Die goeie ding is jy word ook geloof vir wat jy gedoen het in die teenwoordigheid van ’n persoon of selfs ’n groep wat meer ervare as jy is.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Daar is goeie sterre vir reis en om terselfdertyd saam met ’n maat te wees. As jy daaraan dink om binnekort op reis te gaan, ken jou maat in die saak. Jy sal dalk oor sekere datums weer moet dink.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy bestee tyd om die natuurskoon te bewonder. Dis nooit ’n goeie idee om dit by die werk te doen nie. Dit kan tot allerhande soorte komplikasies lei wat jy nie nou nodig het nie. Daar is ook ’n onwelkome uitgawe.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is planete in jou hoek vir liefde en romanse en jou hoek vir intieme verhoudings. Dis jammer dis nie meer naweek nie, want as jy tyd gehad het, sou jy dié sterre kon gebruik.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag is daar ’n einde en begin. Dit lyk of dit met werk of gesondheid te doen het, maar nie noodwendig jou eie gesondheid nie. Soms wanneer jy hierdie sterre het, is iemand met siekverlof en ’n ander persoon staan in vir hulle.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy het goeie sterre vir liefde en romanse. Hierdie sterre kan tot aksie lei, maar gewoonlik hoor jy net van iemand wat van jou hou. Of is dit andersom dat dit jy is wat van iemand hou?

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Soms lei die sterre wat jy vandag het daartoe dat iets breek wat jou baie geld uit die sak jaag. Dikwels, maar nie altyd nie, is dit ’n motor en jy moet betaal om dit op die pad te hou. Dis duur om te ry.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy praat met iemand oor iets waaroor jy nie duidelikheid het nie. Jy bespreek dit dalk selfs met ’n paar mense. Dis jammer dat dit nie juis help dat alles breedvoerig vir jou verduidelik word nie.