Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar gaan veranderinge in jou lewensuitkyk teweegbring. Jy gaan besef hoe van jou menings oor filosofie verkeerd was, en dit verander. Party van jou persoonlike planne gaan voor jou oë in duie stort.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Dié babas se sterre bevorder met hul algemene vooruitgang deur hul eie pogings. Die sterre maak hulle ernstig, selfversekerd en in staat tot voortgesette energieke drif. Hulle is baie prakties en sal ’n goeie baas wees.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Dit is ’n besige dag met baie om te doen, maar min tyd daarvoor. Boonop gaan daar haakplekke met reis en kommunikasie wees; dis ’n goeie aanduiding van hoe jou dag gaan verloop.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy gaan doen wat jy altyd doen: uitwerk hoeveel geld jy die naweek gaan nodig kry en besluit om iets ekstra weg te sit. Ongelukkig sal jy moet gou spring.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Aan die begin van die dag voel jy effe olik. Dit sal weggaan, maar dit gaan jou dag bederf, want jy het take gehad wat jy voor die naweek wou afhandel. Sit tyd opsy vir ontspan.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Iemand gaan daarop aandring om die verlede op te haal. Hierdie persoon dra nie jou belange op die hart nie; daarom gaan jy nie baie ingenome wees nie. Die beste raad is om jou uit die situasie te verwyder en jou kant skoon te hou.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Die tyd is geleë om saam met vriende te kuier, veral mense ouer as jy. Die sterre dui aan jy gaan tyd deurbring saam met mense wat ouer is as jy; leer uit hul wysheid.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy het blykbaar meer verantwoordelikheid. Dis onduidelik of dit by die werk is of dalk ten opsigte van een of meer familielede. Nietemin is jy gereed om reg op te tree.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

In ’n sekere opsig is daar oponthoud met reis en iemand wat belangrik is vir jou. Dit kan baie betekenisse hê, maar dikwels is dit dat jy iemand wil terugverwelkom, maar hul vervoer word vertraag.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy het meer verantwoordelikheid by die werk. Die goeie nuus is: Dit gaan met ekstra geld gepaard. Dit sal nie onmiddellik gebeur nie, maar jy sal weet ekstra geld kom jou toe. Vanaand lyk belowend.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Dit is nie ’n goeie dag vir vennootskappe nie. As dit met iemand ouer as jy is, gaan daar goeie gevolge wees, maar met oponthoud. Vandag word daar van jou verwag om tegelyk op twee plekke te wees.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Iets buite die werkweek eindig. Vir party beteken dit julle is klaar met werk, maar vir die meeste beteken dit julle beweeg na ’n nuwe werkfase. Daar is ook gesondheidsprobleempies.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Dis nie ’n dag vir romanse nie. Gewoonlik sou dit jou nie pla nie, maar vandag gaan jy geneig wees om op ’n spesiale manier uiting aan jou gevoelens te gee. Tog lyk jou liefdesvooruitsigte lyk maar saai. Dit gaan verbeter.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Soms bring vandag se sterre die een of ander soort lekkasie te weeg. Dit kan enige plek wees: in jou motor, dak of iets simpels soos ’n pen wat in jou sak lek en oral ink mors.