Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar is daar ’n kans dat jy gekul of die slagoffer van bedrog word. Dit sal grootliks toegeskryf word aan jou wat verkeerd dink en jy sal gevaartekens miskyk wat jy gewoonlik raaksien.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens het ’n vrugbare verbeelding en ’n vindingryke verstand. Hulle sal uitstekend vaar op ’n gebied wat laterale denke, geskiedenis of die een of ander soort kommunikasie vereis. Hulle sal gewild en gerespekteer wees.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy sal vandag taamlik dagdroom. Ek weet nie wat dit is nie, maar aangesien jou hoek vir liefde en romanse betrokke is, is dit nie moeilik om te raai nie. Dink aan hoe jy daardie drome kan verwesenlik.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Iets eindig; eintlik besluit jy om iets te beëindig. Dit hou waarskynlik verband met werksake, en aangesien jou twaalfde hoek betrokke is, probeer jy onthou wat die laaste keer gebeur het.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar sal goeie nuus oor ’n vriend of kennis wees. In ’n sekere mate is jy of ’n familielid betrokke. Dit is nie duidelik wat gebeur nie, maar jy kry iets wat jy wil hê; dalk vir ’n stokperdjie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy sal ernstig nadink oor iets wat tot jou voordeel verander, iets wat dreig om jou baie uit die sak te jaag. Die beste manier om hierdie sterre te gebruik, is om jou invloed met ’n paar belangrike mense te gebruik.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag se sterre plaas die klem op veral briewe en raad vanuit die verre. Een van die moontlike boodskappe is dalk nie heeltemal verwant aan werk en algemene sake nie, maar jy kry goedkeuring, wat lekker is.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy dink aan liefde en passie, maar dié keer dink jy aan die verlede, veral dit wat jy beter kon doen. Moenie bekommerd wees nie; ons beleef almal oomblikke wat, agterna beskou, nie so wonderlik lyk nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Iets wat jy wil hê, sal vir jou gebeur te danke aan Neptunus, die planeet van bedrog. Dit beteken jy neem alles met ’n knippie sout tot tyd en dade bewys alles is soos dit lyk.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Daar blyk ’n soort bevordering te wees. Dis danksy Neptunus se invloed op jou loopbaanhoek. Dit lyk en voel goed, maar die bevordering sal nie die ware Jakob wees nie; hou jou oë oop vir die vangplek.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Soms bring vandag se sterre ’n boodskap van liefde en toegeneentheid van iemand wat ver woon. Dit sal jou goed laat voel en die hemel weet, daar is min genoeg aangename oomblikke.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy sal nadink oor jou huis en hoe om dit te verbeter. Dit is maklik vir jou, want jy weet van nature wat nodig is om vertrekke goed te laat lyk. Daar is ook die een of ander lekkasie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Daar is take wat jy moet afhandel, en al verkies jy om alleen te werk, weet jy, jy het ’n deskundige se hulp nodig. Kyk om jou; daar is mense naby jou wat kan help.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy kyk na jou salaris en jou uitgawes. Nou moet jy die boeke laat klop en dit laat werk sonder dat jy uitgawes aan noodsaaklikhede sny.