Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar is jy meer aggressief en ¬¬het jy minder geduld met dom mense. Dit sal situasies skep waar jy jou woorde vinnig moet reg hê om konfrontasies te vermy wat jy nie kan wen nie. Jy het ’n gelukkige liefdeslewe.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is aantreklik en het ’n aangename persoonlikheid. Hulle sal belangstel in sport en fisieke aktiwiteit en kan in ’n sekere sport Olimpiese standaard bereik. Hulle is harde werkers wat nie sal tou opgooi voor die taak behoorlik afgehandel is nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Dit lyk na ’n besige dag. Die oorsaak is grootliks dat ander mense nie gedoen het wat hulle moes nie. Daar sal ook aktiwiteite wees wat geldsake behels. Dit sal jou van die een plek na die ander laat hardloop.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Daar is heelwat gebeure om jou. Jy sal waarskynlik aanvanklik nie daarby betrokke wees nie, maar sal gou daarby ingesleep word. Dit is meer waarskynlik dat jy dit jou besigheid sal maak deur betrokke te raak. Dis nie ’n goeie idee nie, Tweeling.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is baie druk op jou. Jy sal meer as gewoonlik hê om te doen en daar sal nie baie mense om jou wees wat bereid is om jou te help en die druk op jou te verlig nie. Dis nog ’n taak wat jy alleen sal moet afhandel.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar is goeie sterre vir samesyn met vriende en kollegas. Hierdie sterre is nie sterk genoeg vir ’n partytjie of ’n lewendige kuier nie, maar jy sal gesellig verkeer met ander en wenke kry oor hoe om dinge te laat gebeur.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Soms kan die sterre wat jy het ’n bevordering meebring, maar gewoonlik is dit van korte duur en nie juis lonend nie. Jy mag dalk selfs wonder of jy nie in ’n beter posisie was voor jy bevorder is nie.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is goeie sterre vir sake wat met ver plekke te doen het. Gewoonlik sal die kombinasie wat jy het werkveranderinge meebring wat met mense op ver plekke te doen het. Neem kennis van hul ongewone metodes en praktyke.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy besluit om iets te eindig. Dis waarskynlik ’n goeie ding, maar dit kan onverwagte uitgawes meebring. Dis nie regtig groot uitgawes nie, maar dit is nie die kwessie nie, jou vermoë om dit te betaal is.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dis een van daardie dae dat jy regtig nie alleen behoort te werk nie. Die Boogskutter hou daarvan om deel van ’n groep te wees, maar jou teken is dié van die onderwyser en dus hou jy daarvan om vir mense te sê wat hulle moet doen en hoe. Die mense hou nie daarvan nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Die aspek van jou werk wat vandag die meeste uitstaan, is hoe veeleisend dit op fisieke vlak is. Gelukkig is jy daartoe in staat om die werk te doen, maar jy het gehoop die dag is makliker en jy het minder seer spiere aan die einde daarvan.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy loop jou vas teen ’n muur van burokrasie. Dit help nie om ontsteld te word nie. Kalmeer en praat rustig. Volg hierdie riglyne en jy sal aan die einde van die dag aan die wenkant wees.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag is jy op die punt waar jy voel dis tyd om ’n sekere projek te voltooi. Geheimhouding is hier belangrik of minstens diskresie, maar iemand wie se mond te groot is, het jou weer in die steek gelaat.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Volgens jou sterre sal jy waarskynlik rondry en as jy dit doen, hou maar die lood uit jou voet. Een ding is vandag seker: as jy te vinnig ry of enigiets anders doen wat die ouens in blou se aandag trek, sal jy gestraf word.