Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dis ’n jaar om te onthou. Jy versnel die pas, tree impulsief op en doen opwindende, gevaarlike dinge – soveel as waartoe ’n Vis in staat is. Jy waag dit om te sê hoe jy voel en maak seker die regte mense hoor jou.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone sal op die een of ander manier in die openbare oog wees. Hulle sal soms te vurig wees. Hulle is deurmekaar, rusteloos en haastig. Hulle sal op een spesiale gebied baie talentvol wees. Hulle is ook positief, selfversekerd en ondernemend.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is goeie sterre vir geldsake. Hierdie sterre behoort jou geldelike posisie te verbeter, maar nie genoeg sodat jy op jou eie eiland kan aftree nie. Dis moeilik om te sê waarom dinge verloop soos jy wil hê dit moet, maar dit sal jou nie veel pla nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag se sterre bring skielike en onverwagte gebeurtenisse mee. Dis dinge wat onmiddellik jou aandag vereis. Jy is heeltyd aan die gang en dit lyk of jy vir ’n slag aan die wenkant is.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar sal baie aktiwiteit wees omdat iemand ’n fout gemaak het. Dit kan jou fout wees, maar die Bul maak selde foute. Jy sal dus verder moet kyk. Dis tyd om te onthou hoe jy sake voorheen beredder het.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Vandag stel jy baie belang in elektronika. Dalk koop jy ’n nuwe elektroniese toestel en is dit pret om agter te kom hoe dit werk. As jy regtig nie meer weet nie, lees die aanwysings.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Dis nie in jou aard om impulsief en onverskillig te wees nie, maar dis die indruk wat jy by mense sal skep. Hiermee in gedagte is dit dalk ’n goeie idee om alleen te werk en verlengde kontak met mense te vermy.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy dink ernstig aan selfverbetering. Dit gebeur wanneer iemand begin praat oor iets gesofistikeerds en jy besef jy het nie die vaagste benul waaroor hulle praat nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Vandag is ’n slegte tyd om met enige beampte te doen te kry. Doen dus jou bes om uit hul pad te bly. Dit beteken jy moet die wet gehoorsaam wanneer jy bestuur. Doen dit en jy sal ’n aangename dag hê.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Om die een of ander rede sal die sorgelose Weegskaal vandag nie met mense oor die weg kom nie. Kan dit wees dat jy verlede nag wakker gehou is en nou voel jy oes. Glip weg van almal af en dut ’n bietjie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar sal moeilike omstandighede by die werk wees. Jy moet lank en hard werk, maar daar sal so baie veranderinge wees terwyl jy dit doen dat jy aan die einde van die dag nie sal weet watter kant bo is nie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Die sterre vir vandag sal allerhande soorte lekker dinge meebring. Dalk is die beste daarvan ’n geleentheid om vir die middag weg te glip van die werk af. Die Franse sê die namiddag is die ideale tyd vir die liefde. Probeer dus wegkom.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Gewoonlik is jy kalm en sorgeloos, maar wanneer jy vandag se sterre het, is jy geneig om kort van draad en geïrriteerd te wees. Dis nie in jou aard nie en mense sal nie daarop voorbereid wees nie. Dit sal hulle onverhoeds betrap.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy begin die dag vol energie en krag. Jy kan maklik vashaak weens ongewone takies wat jy vir mense moet verrig. Die goeie nuus is jy kry dit gedoen en verras almal met jou vaardighede.