Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dis ’n jaar waarin jy in situasies kom waarin jy nog nooit was nie. Jy word in situasies gedompel waaroor jy geen beheer het nie, maar jy sal dol wees op die uitdagings. Jy sal oor baie dinge anders begin dink.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon lei die eerste paar jaar ’n effens deurmekaar lewe met verhuisings en reise. Hulle is ondersoekend en wetenskaplik en het ’n belangstelling in hoe dinge werk en hoekom dit so werk. Hulle hou van vriendskappe en die teenoorgestelde geslag.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Daar is heel goeie omstandighede om tyd saam met vriende deur te bring, veral mense wat jy ’n ruk lank nie gesien het nie. Jy kry iets wat jy lankal wou hê, waarskynlik iets vir ’n persoonlike projek, en dit maak die dag lekkerder.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag is daar ’n welkome hupstoot vir jou ego en aansien. Dit sal nogal ’n verrassing wees, maar ’n lekker een al skop jy dalk teen die grond en mompel “o gits”. Jy hou daarvan.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar is tans goeie omstandighede sodat jy van jou spesiale doelwitte kan bereik. Hierdie doelwitte is meestal persoonlike doelwitte. Dis dinge wat jy nie dikwels met ander bespreek nie, maar jy wil dit bereik voor die geleenthede verbygaan.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Daar is goeie omstandighede vir geestelike en intellektuele aktiwiteite. Ek sê nie jy sal uitwerk hoe die heelal werk nie, maar jy sal sekere gevolgtrekkings maak oor dinge waaroor ander ophou omgee het.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jou sterre kan klein, maar skielike verhoudingsprobleme meebring. Die probleme sal jou onkant vang en jy sal dus vinnig moet dink as jy ’n gesukkel wil vermy.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag sal daar ’n paar werkveranderinge wees, maar dis Vrydag en jy verwag veranderinge, veral veranderinge wat jou Maandag gaan affekteer. Dis nou die tyd om te kyk en luister. Jy kan later kla.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Terwyl Uranus in jou vyfde hoek is, sal mooi dinge gebeur. Die probleem is die mooi dinge sal skielik en waarskynlik baie onverwags gebeur. Dit beteken jy moet op jou hoede wees en seker maak jy mis niks nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Iets eindig en iets begin. Dis die einde van die werkweek en dus sal dit wat eindig waarskynlik met werk te doen hê. Dit het ook te doen met jou vermoë om geld te verdien. Die goeie ding is, alles werk goed uit.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy sal vandag meer ondernemend en vol selfvertroue wees danksky jou sterre. Dis niks vreemd vir die Waterdraer nie, maar mense sal dit agterkom en natuurlik verplig voel om iets onvleiends te sê.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy het vreemde sterre vir geldsake. Soms bring hierdie sterre mee dat geld inkom, maar terselfdertyd sal jy jou sak moet skud. Die bedrag wat jy moet betaal, is meer as die geld wat jy inkry, maar jy is daaraan gewoond.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag se sterre bring skielike en waarskynlik onverwagte veranderinge mee. Eintlik behoort die veranderinge nie onverwags te wees nie, want jy sal op die een of ander manier veroorsaak dat dit gebeur. Dis die beste om sake hul gang te laat gaan.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy het slegte sterre vir geldsake en omtrent alles vandag. Niks slegs sal met jou gebeur nie, maar jy kom laaste in alles wat jy aanpak en op die ou end laat jy jouself dom lyk en voel.