Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jou sterre vir vanjaar is goed, maar daar is lokvalle vir dié wat nie versigtig is nie. Die lokvalle kom meestal voor wanneer jy iets doen wat nie binne jou vermoë of kundigheid is nie. Jy onderteken belangrike kontrakte.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon is een van daardie mense wat vasbeslote is om met ’n taak vol te hou tot dit suksesvol afgehandel is. Dit is iemand wat gelukkig sal wees wanneer hulle met baie fyn detail werk. Hulle het redeneervermoë en ’n goeie geheue.

STEENBOK (23 Dec. – 20 Jan.)

Dit lyk asof jy kontak met ouer mense het. Dit is mense wat jou geken het toe jy jonger was en wat goed weet wat jy gedoen en gesê het. Dit kan jou nogal in die verleentheid bring.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy sal iets kry waaroor jy moontlik gedroom het vir so lank as wat jy kan onthou. Jy sal dit dalk nie vandag kry nie, want die planeet Saturnus is betrokke, maar jy sal dit iewers in die nabye toekoms kry.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag is daar baie aktiwiteit en as jou verjaardag naby aan die begin van die teken is, sal daar die een of ander soort aggressie of stryery wees. Andersins is daar goeie sterre vir werk en aansien.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die kans lyk goed vir ’n reis na ’n veraf plek. Met jou sterre kan jy dalk planne maak vir ver in die toekoms. Jou planne sal moontlik iemand ouer of dalk selfs meer as een ouer persoon insluit.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy kry ’n rekening vir iets wat jy ’n tyd gelede gedoen of gekoop het. Dit sal nie ’n groot rekening wees nie, maar dit sal die begroting wat jy vir hierdie week het effens ontoereikend laat lyk. Moenie bekommerd wees nie; jy sal dit wel uitstryk.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Dit lyk asof jy in die geselskap van ouer mense is. Dis moeilik om te sê presies waaroor dit gaan, maar dit blyk dat jy iemand ’n guns bewys of dat iemand ouer jou dalk ’n guns bewys. Dit kan gebeur.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy het gesondheidsprobleempies. Gewoonlik bring die sterre wat jy het, probleme met die vel of gewrigte mee. Dis die beste om uit die son te bly en seker te maak jy bedink nie verskonings om nie te oefen nie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

As jy een van die baie Leeus is wat in ’n verhouding met iemand ouer as jy is, sal daar vandag heel goeie omstandighede wees. As die omgekeerde waar is, sal daar ’n goeie stemming wees, maar dinge sal stadiger gebeur.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Daar sal probleme wees oor ’n lekplek. Dit kan ’n motorverkoeler wees of waarskynliker ’n lekplek by die huis. Gewoonlik is dit beter om ’n kundige aan sulke lekplekke te laat werk. Bel hom of haar sonder verwyl.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Dis ’n swak dag vir kort uitstappies. Met jou huidige sterre sal daar te veel oponthoud wees om gemaklik te voel. Stel liewer enige reise uit en konsentreer op dinge wat jy by jou lessenaar kan doen.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar sal vertragings met geldsake wees. Dit is seker. Wat onseker is, is of jy reeds die vertragings ervaar en of dit nog kom. Hoe ook al, jy is gefrustreerd en geïrriteerd en rompslomp is moontlik die oorsaak.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dit is een van daardie dae dat jy net nie aan die gang kan kom nie. Gewoonlik val dié soort dag op ’n Maandag. Dit is die beste om by die roetine te hou en ander vir jou te laat dink. Laat in die dag kom daar vertragings.