Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Daar is baie goeie sterre vir vanjaar. Jou naaste persoonlike verhoudings is uitstekend. Dis tyd om die golf van gewildheid en geluk te ry. Dis ’n besige en baie produktiewe jaar.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is aantreklik en het ’n aangename persoonlikheid. Hulle sal gewild wees by uiteenlopende goeie en lojale vriende. Hulle kan hul brood verdien met werk in die openbare oog. Hulle stel belang in sport.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Die maan in haar laaste kwartier is in jou hoek vir loopbaan, aansien en ego. Dit kan jou ego ’n goeie hupstoot gee en natuurlik ook jou algehele status. Dit sal nie veel beteken nie, maar dis lekker om raakgesien te word.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Lang reise sal hoog op jou prioriteitslys wees. Dikwels lei die sterre wat jy vandag het, tot besprekings. Omdat jy ’n Waterteken is, sal die bespreking vir ’n plekkie aan die kus of moontlik ’n seereis wees.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die afgelope maand of wat is jou geldbronne nogal uitgeput en net om te wys die kosmos is nie aan jou kant nie, kry jy nog ’n rekening. Die kans is goed dat dit ’n rekening vir huisonderhoud is. Dus sal dit nie goedkoop wees nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Die maan in haar laaste kwartier beweeg in jou hoek vir intieme verhoudings in en jy geniet ’n hele paar baie goeie oomblikke. Die goeie nuus is as die dag nie vir jou werk nie, lyk die aand ook baie belowend.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Vandag ervaar jy gesondheidsprobleempies. Die probleme sal baie klein wees en sommige Tweelinge sal dit aanvanklik nie eens agterkom nie. Dit beteken nie jy kan roekeloos met warm of skerp toestelle wees nie; die teendeel is waar.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die maan in haar laaste kwartier val in jou hoek vir romanse. Dit bring soms ’n krisis in hierdie deel van jou lewe, maar meestal bring dit goeie omstandighede om saam met jou maat te wees. Staan dus ’n tydjie af vir romanse.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Iets eindig eindelik. Die einde self is eintlik onbelangrik, maar die uitvloeisels daarvan is betekenisvol. Jy sal vir ’n paar dae nie juis die gevolge voel nie. Gelukkig is dié sterre goed en alles sal goed uitwerk.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Daar is baie aktiwiteit om jou. Dit sal jou van plek na plek laat gaan om reëlings te tref. Dis dalk ’n goeie idee om ’n lys te maak, want vergeetagtigheid gaan dikwels met dié omstandighede gepaard.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Jy moet versigtig wees met geld. Jy sal nie geld verloor nie al het dit al gebeur, maar daar is dalk ’n slegte kopie in die vooruitsig omdat jy ’n item kies wat die goedkoopste lyk terwyl die beste net ’n bietjie duurder is.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dit het nog ’n keer gebeur. Jy is tussen die duiwel en die diepblou see. Jy was die afgelope tyd so dikwels in hierdie posisie dat jy dit dalk moet oorweeg om jou pos na ’n ander plek te laat stuur. Die oplossing is om die eenvoudigste uitweg te kies.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag kom foute wat ’n rukkie gelede gemaak is, aan die lig. Dikwels bring die sterre foute in die laaste siklus van die maan na vore; die foute sal dus van sowat vier weke terug wees. Foute van so lank gelede is vernederend.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is ’n goeie stemming om tyd saam met ’n vriend(in) te geniet en goeie sterre wat een of meer van jou kleiner wense kan laat waar word. Jy sal veral bly wees om saam met sekere mense te wees en die lewe sal goed lyk.