Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jou ervaring neem toe en jy het goeie rede om geesdriftig oor die toekoms te wees. Dit is ’n jaar waarin jy vereer sal word vir werk op ’n sekere gebied. Die jaar hou vooruitgang en uitbreiding in.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense het ’n ryk verbeelding wat hulle help om die geheelbeeld te sien terwyl hulle aan die details werk. Hulle het ’n uitstekende vermoë om mense en situasies op te som. Hulle behaal sukses met literatuur en oor die algemeen.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is baie goeie sterre. Dit lyk asof hierdie sterre voordeel of wins inhou. Mense of omstandighede op ver plekke sal dit laat gebeur. Baie Boogskutters sal onverwag wins maak of iets regkry wat hulle gedink het hulle nie kan doen nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is klein, maar welkome winste, moontlik deur ’n staatsdepartement of staatsinstelling. Dalk het jy te veel betaal toe jy ’n rekening vereffen het of jou rekening is te hoog aangeslaan en jy kry geld terug. Geniet dit, want dit gebeur maar selde.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is goeie sterre vir vennootskappe en intieme verhoudings. Jy sal moontlik in ’n werkvennootskap wees. Jy takel werk wat gewoonlik buite jou gemaksone val. Dis ’n lonende dag.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jupiter is bedrywig in jou hoek vir werk. Dit sal ’n mate van vrolikheid in die werkplek meebring. Ek dink nie dit sal tot ’n gedans in die strate lei nie, maar daar kan ’n onbeplande partytjie of namiddagtee wees.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is ’n goeie atmosfeer vir jou liefdeslewe, maar natuurlik is dit ’n werkdag. As jy die tyd van die jaar in ag neem, sal dit nie te moeilik wees om vroeg weg te kom of miskien gedurende die dag weg te glip nie sodat jy jouself op ’n persoonlike vlak kan uitleef.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Die tyd is geleë om vas te stel wat jy nodig het vir werk aan jou huis in jou af tyd. Dit is ook ’n goeie tyd vir reisreëlings, maar omdat dit al so laat in die jaar is, sal jy dalk net dit wat klaar gereël is, effens kan verander.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy sal baie meer as gewoonlik rondhardloop. Jy sal kontak met familie of bure hê. Baie dikwels dui hierdie sterre op die een of ander soort partytjie of byeenkoms wat jy reël of waarvoor jy die kos maak.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jou geldsake lyk goed. Ek dink nie dit beteken jy het ’n goeie kans om iets te wen nie, maar jy kom dalk agter jy het meer geld in die bank as wat jy gedink het. Dis nie soveel meer nie, maar jy stry nie, want meer is goed.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy voel rustig, maar daar is gebeure en jy moet konsentreer. Terselfdertyd moet jy presentjies vir die jonges reël. Omdat jy ’n Leeu is, weet jy wat voorkeur moet geniet. Begin dus.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy kry ’n pluimpie vir jou optrede in die verlede. Dit gaan oor ’n kleinigheid, maar dit is lekker dat die goeie dade wat jy doen, waardeer word, selfs al is dit nadat heelwat tyd verloop het.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Jy het goeie sterre om saam met vriende te wees. Dis die einde van die werkweek en tyd om te ontspan, maar natuurlik is daar takies wat jy voor die feestyd moet verrig. Jy kry dit dalk nie reg om lank rustig in geselskap te wees nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag kry jy lof van ’n hooggeplaaste. Die Skerpioene wat vandag ophou werk en met hul Kersvakansie begin, kan lof kry vir iets wat hulle in die verlede gedoen het. Dit is dinge wat bevorderlik vir jou aansien is.