Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore

JOU DAG

Met Jupiter wat nou in die Maagd-teken is, sal diensbaarheid aan ander goeie geluk meebring.

AS JY VANDAG VERJAAR

Moenie soveel tyd aan loopbaankwessies of vrywilligerwerk bestee dat jy jou gesin afskeep en daar nie tyd is om pret te hê nie. Streef daarna om die balans reg te kry.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jupiter is nou in jou welstandsone en dit is goeie nuus vir jou fisieke en emosionele gesondheid in die komende jaar. Wees gedissiplineerd. As jy jou ooreet, kan dit tot gewigsprobleme lei.

BUL 21 Apr.-21 Mei

In die volgende 13 maande sal baie Bulle ’n nuwe sport of stokperdjie begin beoefen, ’n stomende romanse aanknoop of ’n nuwe toevoeging tot die gesin verwelkom. Die omstandighede is ook gunstig vir kreatiewe projekte.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jupiter verbreed jou huishorison. In die volgende 13 maande kan jy vaste eiendom koop, trek, ’n nuwe huismaat kry of aan jou blyplek verander om jou leefruimte te vergroot.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jou profiel op sosiale media kan die komende jaar regtig ontpop, want met Jupiter is die omstandighede goed vir alle aktiwiteite wat met kommunikasie te doen het. Dis ook ’n fantastiese tyd om te studeer, ander iets te leer of te reis.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Was jy die afgelope tyd oor geldsake bekommerd? Jupiter is die volgende 13 maande in jou geldsone. Maak dus die beste gebruik van die goeie geldgeleenthede wat na jou kant toe kom.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Met Jupiter wat van nou tot September volgende jaar deur jou teken beweeg is dit tyd om so kreatief en lewendig te wees soos jy bedoel is om te wees. Selfvertroue is die brandstof wat jou êrens heen sal neem.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Dis tyd om in die jaar wat voorlê plek in jou besige skedule te maak vir gereelde ruskansies sodat jy ruimte het om jou kragte te herwin en nuwe lewe te kry. Probeer balanseer dit om gesellig en enkellopend te wees.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die komende jaar is die omstandighede gunstig vir vriendskappe. Jou portuurgroep sal dramaties uitbrei wanneer jy betrokke raak by ’n groep, klub of organisasie met lede wat soos jy dink.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Dis tyd om jou loopbaan na die volgende vlak te neem terwyl die planeet van voorspoed deur jou werksone beweeg. Invloedryke mense wag om jou te help – moet dus nie huiwer om hulp te vra nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Moenie in jou gemaksone vasgevang word nie! Jupiter beweeg tans deur jou sone vir reis. Vreemde plekke roep in die komende jaar. Begin solank jou reis beplan.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Party gelukkige Waterdraers sal in die volgende 13 maande voordeel trek uit ’n erflating, lening, meevallertjie, geldvennootskap, egskeidingskikking, pensioenuitbetaling of belastingterugbetaling.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Maak seker jy beplan om in die volgende 13 maande weg te gaan vir ’n opwindende vakansie saam met jou maat. Vir enkellopende Visse is dit die beste tyd in 12 jaar om ’n positiewe, nuwe liefdesverhouding aan te knoop.