Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dis ’n besige jaar met goeie vooruitsigte vir jou persoonlike projekte. Jy ervaar party probleme in jou privaat lewe omdat jy op ’n baie openbare manier in die steek gelaat en verneder word. Jy gaan baie belangrike veranderinge inlui.

BABAS WAT VANDAG GEBORE IS:

Dié babas het ’n uitstekende verbeelding, maar kan nogal dromers wees. Hulle is baie intens en beskermend teenoor familie of mense na aan hulle. Hulle gaan in sport belangstel en vaardig wees op die een of ander sportgebied.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag bring moeilike sterre. Dit hou meestal verband met gedeelde finansies, wat beteken jy moet in nou versigtig wees met inkopies. Daar is goeie sterre vir tyd saam met jou maat, maar wees tog diskreet.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy kan vandag iets betowerends in jou huwelik of intieme verhouding ervaar. Dis ongelukkig ’n werkdag; daarom sal die liefde tot vanaand moet wag. Maak die aand onvergeetlik.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Soms gee vandag se sterre aanleiding tot die een of ander ontsteking. As jy jou dus sny of krap, ontsmet die wond deeglik. Nog iets: Bly weg van mense wat hoes of dié met verkoue.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy het die betowerende Neptunus in jou hoek van romanse. Die tyd is geleë om die wêreld, of enigeen wat belangstel, te wys die Skerpioen se reputasie is swaar verdiend.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Iets eindig blykbaar, of dalk nie. Met jou huidige sterre kan jy verkeerdelik dink iets wat jy uit die weg geruim wil hê, is oor en verby. Plaas nou ’n wag voor jou mond.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Die sterre lyk belowend vir gesellige samesyn met familielede of bure. Dié sterre beloof die een of ander partytjie en is voordelig vir partytjiereëlings.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Pas jou geld en persoonlik besittings goed op. Jou huidige sterre dui op moontlike bedrog deur iemand wat jy ken en vertrou; moet dus niks as vanselfsprekend aanvaar nie, veral nie as daar baie geld ter sprake is nie.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jou sterre is vandag voordelig, maar daar heers ’n bietjie verwarring. Gelukkig ken die Visse verwarring goed; jy gaan dus heel goed vaar en eindelik gaan jy met waardigheid daarvan afkom.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Iemand gaan in die verlede rondkrap en feite en syfers noem wat jou na ’n gek gaan laat lyk en voel. Dit is belangrik om nie emosioneel te raak oor wat gesê word nie, want baie daarvan gaan snert wees wat jy maklik kan weerlê.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Iets wat jy wou hê, gaan vir jou gebeur – of gaan dit? Met die misleidende Neptunus betrokke gaan jy jou maklik kan oortuig dit het vir jou gebeur, en gevolglik begin jy ontspan. Dit kan ’n fout wees.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Vandag lyk belowend vir jou en jy gaan sien hoe jy op ’n sekere gebied in beheer is. Dit gaan jou laat goed voel en jy gaan uitsien na nog goeie geluk in die nabye toekoms. Kom ons kyk wat gebeur.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die planeet Neptunus is bedrywig in jou negende hoek en gaan jou gedagtes na verafgeleë plekke en mense lei. Daar heers dalk ’n bietjie verwarring hier, maar jy gaan dit uit die weg ruim. Dit sal vir jou lekker wees om op of naby water te reis.