SATERDAG

JOU DAG

Maak vandag seker jy kan tussen feit en fiksie onderskei.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is hardkoppig en humoristies en hou daarvan om raakgesien te word. Die volgende 12 maande is dit tyd om jou geld en jou vrye tyd meer oordeelkundig te bestee.

SONDAG

JOU DAG

Die sonsverduistering is ’n magiese tyd van nuwe beginne. Begin dus met die uitvoering van jou drome.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n behoefte daaraan dat mense jou nodig het en floreer as jy diegene om jou ondersteun. Maar moenie jou eie drome, talente en emosionele lewe in die proses opoffer nie.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Skenk aandag aan jou gesondheid en fiksheid terwyl die sonsverduistering in jou welstandsone is. ’n Gereelde roetine sal jou meer energie gee en spanning verminder.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Met die sonsverduistering wat jou sone vir vermaak en stokperdjies aanvuur, moet jy meer dinge doen waarvoor jy lief is. Wees fisiek, kreatief, musikaal, sportief – wat ookal jy verkies. Dis tyd om te begin!

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Is dit vir jou moeilik om ’n aanknopingspunt met ’n moeilike familielid te kry? Die sonsverduistering moedig jou aan om die gesprek aan die gang te kry terwyl jy werk om die kommunikasiekanale oop te hou.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die sonsverduistering moedig jou aan om tyd saam met ’n familielid of buurman te bestee terwyl jy vasstel wat die oorsaak van ’n probleem is. Jou verhouding met ’n kind, tiener of vriend is dalk gespanne.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Met die sonsverduistering in jou geldsektor moet jy jou vergewis van jou geldelike situasie. En moenie vergeet om ook vas te stel wat die stand van jou innerlike gesondheid is nie. Dit sluit jou selfrespek en kernwaardes in.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Dis die beste tyd van die jaar om met ’n projek te begin of belangrike veranderinge in jou lewe te maak. Bedink ’n praktiese plan en voer dit uit met baie selfvertroue en betrokkenheid.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Met die sonsverduistering wat jou sone vir afsondering stimuleer, moet jy die naweek probeer om iewers op ’n wonderlike, private plek vrede en stilte te vind. Spesiale alleentyd is tans vir jou sielskos.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die sonsverduistering laat die kollig op jou doelwitte vir die toekoms val. Die son moedig jou aan om vir die eerste prys te mik, terwyl die maan jou help om doelgerig te volhard.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Daar is heelwat by die skool of werk aan die gang. Staan terug en beskou die huidige situasie met ’n vars perspektief. Duidelike kommunikasie is die geheim om jou professionele produktiwiteit ’n hupstoot te gee.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Moenie te gretig wees om jou ambiseuse strewes te verwesenlik nie. Maak seker jy het ’n slim en strategiese plan terwyl jy vir die regte tyd wag.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die sonsverduistering dui op ’n pasverandering op ’n belangrike gebied in jou lewe. Die sterre dui op ’n nuwe begin vir avontuurlustige Waterdraers wat ’n intieme verhouding of geldsake betref.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jupiter en die nuwe maan is albei in jou sone vir vennootskappe. Liefde is in die lug. Met duidelike kommunikasie sal jy ’n suksesvolle en bevredigende verhouding kan vestig of in stand hou.