Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar gaan jy groot en buite die grense dink, en met ’n paar uitstekende idees vorendag kom. Die tyd is geleë om te woeker met jou geld. Jy kry ook die een of ander eer.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Dié babas gaan ambisieus en verbeeldingryk wees. Hulle gaan sien waar hulle vooruitgang kan maak en aanhou tot hulle sukses behaal. ’n Reeks veranderinge, reise en verwyderings gaan hul jong lewe bemoeilik.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Dinge gebeur en jy moet seker maak jy kan ’n geldelike krisis oorkom wat dalk opduik. Gelukkig voorsien ek geen probleme nie, maar ’n paar rand sal nie seermaak nie. Daar gaan ook ’n onverwagte uitgawe wees.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Die planeet Uranus is tans in jou hoek vir intieme verhoudings. Dit is ’n welkome posisie vir Uranus, want dit bring verrassende omstandighede mee, en niks kikker ’n liefdesverhouding op soos aangename verrassings nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar kom onverwagte veranderinge by die werk. Dit gaan nie ingrypend wees nie, maar gaan op lang termyn belangrik wees. Groot gebeurtenisse spruit uit kleinighede; moet dus nie enige veranderinge as onbelangrik afmaak nie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag is ’n magiese dag. Dinge gebeur skielik en onverwags, en dit betrap jou ietwat onkant. Tog gaan jy ingenome wees oor dit wat met en vir jou gebeur.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag verander jou roetine ewe skielik; die een projek ná die ander eindig. Dis voordelig vir jou, al gaan jy min beïndruk wees terwyl dit gebeur.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Die sterre dui op reis, veral kort reise. Die tyd is ook geleë om ’n ander voertuig aan te skaf as jy dit oorweeg het. Jy kry ook ’n boodskap wat jou gelukkig maak.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Geldsake is die afgelope ruk al belangrik, maar vandag word dit ál belangriker. Bereken nou mooi hoe jy jou uitstaande rekeninge gaan vereffen.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag wil jy baie min doen en net deur die dag kom. Hoe verkeerd kan jy wees? Jy gaan rondskarrel en sake afhandel, al wil jy rustig verkeer.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy gaan van mening verander oor iets wat jy eers as onbenullig beskou het. Dit gaan moeilik wees om van mening te verander en met waardigheid met jou lewe aan te gaan.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Jy gaan kyk na wat jy die afgelope tyd doen om te bepaal of dit jou vorentoe werklik gaan help. Daar is ook goeie sterre vir kuier met vriende en kennisse, maar iemand gaan dalk ’n perk oorskry.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Sake verloop heel glad, maar vandag is daar een of twee struikelblokkies. Daar is nie veel wat jy daaraan kan doen nie; laat dit maar sy gang gaan. Vanmiddag hou ’n verassing in.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Iemand gaan iemand ’n guns vra. Ongelukkig gaan die gevraagde nee sê en moet die vraer dit met grasie aanvaar. Ongelukkig wys die sterre nie wie die gevraagde en wie die vraer is nie.